Private lykshuise moet help met getalle Covid-oorskotte
Private lykshuise moet help met getalle Covid-oorskotte

Private lykshuise moet help met getalle Covid-oorskotte

Families het die opsie om hul geliefdes op eie koste na private lykshuise te verskuif.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste maak sedert verlede Maandag gebruik van private lykshuise vir die berging van Covid-19-lyke aangesien die staat se lykshuise oorvol is vanweë die groot toename in sterftes in die derde golf.

Volgens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se adjunk- uitvoerende direkteur, me. Petronella Masabane, is sy deur haar span ingelig die private begrafnisondernemer, Nambob, neem net die lyke van private pasiënte in. Families het ook die opsie om hul geliefdes op eie koste na private lykshuise te verskuif.

Volgens Masabane is 'n vrag­houer van 12 meter ook uit Swakopmund onderweg na Windhoek om bykomende bergingsruimte by die oorvol staatslykhuis in die hoofstad te skep.

Sy het ook verwys na 'n video wat in die sosiale media sirkuleer van die oorvol lykshuis in Windhoek wat toon verskeie lyksakke lê in die gang en elders op vloere.

“Die video is na bewering geneem toe personeel by die lykshuis besig was om onopgeëiste lyke vir verassing te sorteer,” het sy gesê.

Masabane het erken die situasie is “benard”. Ervare maat­skaplike werkers is nou ook by die staatslykhuis in Windhoek uitgeplaas om beter stelsels en verhoogde standaarde in werking te stel.



'DIT RAAK REGTIG LELIK'

Een persoon wat 'n familielid verloor het, sê tydens die uitkenning van lyke by die lykshuis word tien geliefdes toegelaat. Familie moet 'n tydgleuf hiervoor bespreek.

“Dit is dan egter só vol dat mense nie na behore respek kan betoon nie, omdat mense baklei vir ruimte. Dit raak regtig lelik. Die maatskaplike werkers sal 'n seën wees as hulle dit goed kan bestuur.”

Volgens 'n private begrafnisondernemer in die noorde van die land mag hulle nie Covid-lyke in hul lykshuise berg nie. Volgens haar gaan dit oor die hantering van die oorskot, persoonlike beskermende toerusting (PPE's), die aan- en uittrek daarvan asook die lyksakke vir berging. Elke lyk word in drie lyksakke geplaas waarvan die buitenste een 'n sterker seil-tipe met handvatsels is. Covid-lyke mag hier ook nie in hospitale se lykshuise gestoor word nie.

Volgens die begrafnisondernemer beïnvloed dit hul werksaamhede “redelik”, want hulle is afhanklik van die personeel van die staat se lykhuis.

“As ons eenuur in die nag moet ry, moet ons vir hulle wag om die oorskot te gaan oplaai,” het sy gesê.

Volgens die huidige regulasies vir Covid-begrafnisse moet die oorskot “streng” binne tien dae ná die sterfte begrawe word. Slegs tien roubeklaers mag die begrafnis bywoon, terwyl sosiale afstand van minstens 1,5 meter te alle tye gehandhaaf moet word. Roubeklaers word ook ontmoedig om ná die begrafnis te vergader, terwyl etes agterna net as wegneemetes bedien mag word. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!