Private sektor dra by tot inentingsplan
Private sektor dra by tot inentingsplan

Private sektor dra by tot inentingsplan

Meer as 50 maatskappye het reeds op 1 Maart vergader om die pad vorentoe te bespreek om te verseker entstowwe bereik veral kwesbare Namibiërs oraloor in die land.
Sanet de Waal
'n Bedrag van meer as N$12 miljoen is aan die ministerie van gesondheid en maat­skaplike dienste oorhandig as deel van besighede in die private sektor se bydrae tot Namibië se immuniseringsplan teen Covid-19.

Die Namibiese regering het 'n beroep op plaaslike besighede gedoen om saam te span om 'n derde van die koste van die entstof by te dra wat gratis aan inwoners verskaf word.

Die fondse in die Entstowwe vir Hoop-rekening sal gebruik word om entstowwe direk van die vervaardigers te koop en dek die logistieke koste van die verspreiding en bestuur van die uitrol van die entstowwe.

Van die private besighede wat nie tot die aankoop van die entstowwe kon bydra nie, het gehelp met die verskaffing van mediese voorrade soos onder meer watte en naalde.

Meer as 50 maatskappye het reeds op 1 Maart vergader om die pad vorentoe te bespreek om te verseker entstowwe bereik veral kwesbare Namibiërs oraloor in die land.

Terwyl sommige maatskappye broodnodige geld geskenk het, het ander soos die Nest Hotel op Lüderitz en C'est si Bon Hotel op Otjiwarongo verblyf en maaltye geskenk.

Die Hope Fonds (Health Optimisation in a Pandemic Emergency) wat in 2020 deur FirstRand Namibia gestig is, se doel is die koalisie van vaardighede, logistieke steun en finansiële belegging wat deur die betrokke partye bygedra is, om praktiese waarde tot die ministerie se immuniseringsplan te voeg.

Die adjunkminister van gesondheid, dr. Ester Muinjangue, het tydens die oorhandiging gesê dit herbevestig die private sektor se ondersteuning van die ministerie se pogings om ­geïntegreerde, bekostigbare en ­toeganklike gehaltesorg en maat­skaplike dienste aan inwoners te voorsien.

Sy het ook namens die ministerie, die regering en inwoners haar “opregte dank” aan al die betrokke partye betoon.

Van die maatskappye en besighede wat deel van die projek vorm, is STANLIB Namibia, Allan Gray Namibia, Hollard, Old Mutual, Ninety One en Liberty Life Namibia.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!