Private sektor se rol in stryd teen korrupsie
Die publiek word aangemoedig om nie te skroom om van die beskerming van die teenkorrupsiewet gebruik te maak nie.
Elvira Hattingh - Die private sektor speel ‘n kritieke rol in die vermindering van korrupsie en is ook verantwoordelik hiervoor.
Mnr. Johan Coetzee, senior lektor in openbare bestuur by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), het Maandag ‘n praatjie oor die rol van die private sektor in die takeling van korrupsie by die Namibië Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur (Nipam) gelewer.
Nog ‘n dr. Theo-Ben Gurirab-lesing met die tema “Wen die stryd teen korrupsie: ‘n Volhoubare pad na Afrika se transformasie” is aangebied.
Ander sprekers het ingesluit mnr. Paulus Noa, die ACC se direkteur-generaal, me. Leonie Dunn, direkteur van die Finansiële Intelligensiesentrum (FIC), asook die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah.
Coetzee het gesê die algemeenste vorm van korrupsie is omkoopgeld, geskenke en “skenkings”, en het bygevoeg daar is ’n korrupte eweknie in die private sektor vir elke geval van korrupsie in die regering.
‘RUIMTE VIR KORRUPSIE’
Hy het verwys na hoe burokrasie, die ondoeltreffende toepassing van wetgewing en die regering se huiwering om in hoëprofielkorrupsiesake op te tree, korrupsie bevorder.
“Die ‘oorregulering’ van byvoorbeeld SADC-SACU BTW kan uitvoere vertraag en mededinging belemmer. In Nieu-Seeland neem dit ook een dag om ‘n nuwe besigheid te registreer. Hoekom neem dit 66 dae in Namibië?
“Al hierdie ondoeltreffendhede laat ruimte vir korrupsie,” het Coetzee gesê.
Hy het daarop gewys dat korrupsie ‘n impak op beleggings en ontwikkeling het en dat monopolieë mededinging verminder.
Hy het voorbeelde genoem wat insluit die regering se disproporsionêle besteding van geld op verdediging asook onvolhoubare openbare besteding.
“Baie van die 98 Namibiese staatsondernemings (SOE’s) dra hul ondoeltreffendheid aan kliënte oor – met die grootste impak op die armstes en SOE’s,” het hy gesê.
Hy het ook verduidelik hoe kartelle beleggers afskrik.
Coetzee het bevraagteken hoekom niemand in hegtenis geneem is vir die SME Bank se onwettige belegging van N$175 miljoen nie, hoekom die voorsitter nie aanspreeklik gehou kan word nie, en hoe die daar eers ‘n dekade later hof toe gegaan word oor die GIPF-uitleenskandaal.
GENESING
Volgens hom moet die private sektor allereers weier om omkoopgeld te betaal, korrupte staatsamptenare ontbloot en verdagte transaksies aan die media rapporteer om deursigtigheid te verbeter.
Hy noem dit die “sonlig” wat korrupsie sal genees.
“‘n Private sektor wat saamstem dat korrupsie een van die grootste kwessies is wat besigheid en beleggings belemmer, kan druk op die regering plaas om sekere brandpunte en strategiese instansies te hervorm,” het hy gesê.
Coetzee het gesê sodra die private sektor sy voetwerk agtermekaar kan kry, wat betref die aansporing van individue om korrupsie in die openbare sektor aan te meld, kan dit druk op die regering plaas om die openbare sektor te herskep deur byvoorbeld geld of donasies van politieke parye te weerhou.
Hy het genoem hoe sakelui finansiële steun aan politieke partye in Amerika in die 1800’s en in Engeland in die 1900’s weerhou het.
“Die regering het dan geen ander opsie as om openbare dienste só te herskep dat dit doeltreffend is – met minder burokrasie en vetragings nie. Dié herskepping lei tot verminderde korrupsie,” het hy gesê.
Coetzee het verder aanbeveel toesighoudende liggame – wat uit lede van die publiek bestaan – saam met die Teenkorrupsiekommissie (ACC) moet aan die bewusmaking en voorkoming van korrupsieprogram werk.
“Die private sektor moet maandelikse vergaderings tussen tussen die ACC en toesighoudende liggame met die regering beding om verslag oor die ACC se vordering te lewer.
“Professionele verenigings soos dié van mediese dokters, prokureurs, boekhouers, ouditeurs en ingenieurs behoort hul verskeie bedrywe te dereguleer. Dit kan tot verbeterde medediging lei en professionele dienste meer bekostigbaar vir Namibiërs maak.
“Dit dra ook tot korrupsie by, want beperkende regulasies verhoog koste as dit by bogenoemde bedrywe kom, dit laat handel verbrokkel en beskerm dié professies – alles ten koste van die verbruiker,” het Coetzee gesê.
NAMCODE AS FONDAMENT
Volgens hom is NamCode, wat deur die Namibiese aandelebeurs (NSX) ontwikkel is en van Suid-Afrika se King III en King IV maatskappywette bevat, ‘n goeie beginpunt vir Namibië.
Hy het gesê ‘n NamCode-bewusmakingsveldtog moet deur die NSX, asook Deloitte & Touche Namibia gelei word.
Coetzee het die publiek aangemoedig om van die teenkorrupsiewet se beskerming gebruik te maak wanneer hulle bewus is van verdagte aktiwiteite of gevalle waar iemand voordeel getrek het uit iets wat as korrupsie omskryf kan word.
Dié wet beskerm hokaairoepers, of diegene wat korrupte dade op die lappe bring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie