'Privatiseer Gross Barmen, Hardap'
'n Verslag lui Namibian Wildlife Resorts kan winsgewend wees.
Ellanie Smit – Namibian Wildlife Resorts (NWR) se Gross Barmen- en Hardap-oorde moet individueel as gesamentlike ondernemings aan die private sektor aangebied word.
Dít is volgens 'n verslag van die onafhanklike ontleder, mnr. Rainer Ritter, wat deel was van die ministerie van staatsondernemings (SOE's) se ondersoeke verlede jaar na sy ondernemings in staatsbesit.
Ritter het aanbeveel dat Duwiseb-kasteel direk aan Gondwana Collection aangebied word wat reeds 'n goeie reputasie het en weet hoe om historiese terreine veel beter as NWR te bemark.
Hy het gesê Shark Island kan aan 'n plaaslike operateur op Lüderitz aangebied word, terwyl 'n aparte bestuursmaatskappy geskep kan word vir die bedryf van die kusoorde met die meerderheid aandele van die private sektor.
Dit sluit Myl 14, Myl 72 en Myl 108 in, asook Jakkalsputz, Terracebaai en Torrabaai.
Volgens die verslag moet 'n herstruktureringsplan vir NWR 'n strategie insluit om die maatskappy te laat oorleef en oorde geïdentifiseer word wat deur 'n private-openbare-vennootskap bestuur word, soos Sun Karos Daan Viljoen.
EERSTE WINS
“Vir die eerste keer in NWR se geskiedenis is 'n netto wins in 2019 van sowat N$22,5 miljoen gemaak,” lui die verslag.
Okaukuejo, Halali, Namutoni, Sesriem, Sossus Dune Lodge en Hobas is die winsdrywers, volgens die verslag.
“Die N$20,1 miljoen besparing in die koste van hoofkantoor het die verskil in 'n verliessituasie tot 'n winssituasie gemaak. Die totale koste van hoofkantoor het vanaf sowat N$143,7 miljoen tot N$123,6 miljoen gedaal.”
Volgens die verslag is Okaukuejo NWR se mees winsgewende oord, gevolg deur Halali en Sesriem.
“Die klassieke oorde van NWR dra 67,8% tot die inkomste en 74,2% tot wins by. Die winste kom van Etosha en die NWR se monopolie daar help, want geen private operateur het toegang tot Etosha nie.”
Volgens die verslag is Gross Barmen en Hardap die verliesmakers en pas nie in die oorsese toerismepakkette in nie, want hulle word meer deur plaaslike toeriste besoek.
'KUSOORDE ONVOLHOUBAAR'
NWR se kampeeroorde Sesriem, Olifantsrus en Hobas is volgens die verslag die mees winsgewende.
Die kus- en visvangoorde kan in een sake-eenheid gegroepeer word.
“Die sake-eenheid het 'n totale inkomste van sowat N$9,8 miljoen en het 'n verlies van N$1,8 miljoen gely. Só 'n situasie is onvolhoubaar, veral die finansiële situasie by Terracebaai.”
Volgens die verslag, oorheers die inkomste en wins van Sesriem hierdie portefeulje wat aandui dat Sesriem, Sossusvlei en Etosha die gewildste toeristebestemmings is.
Sossus Dune Lodge is volgens die verslag 'n “geldmaker” met 'n wins van 67,7% van die omset – die mees winsgewende oord van die NWR-groep.
Onkoshi en Dolomite is redelik nuut en toon belowende inkomstegroei.
“Die verwagte verlies van N$123 miljoen aan die einde van Oktober 2021 kan NWR in 'n baie ernstige finansiële situasie plaas met herstrukturering wat dus noodsaaklik is.”
HOë KOSTESTRUKTUUR
Die verslag lui verder NWR het strategiese bates en was sedert die begin in 'n winsgewende posisie, maar wanbestuur en 'n hoë kostestruktuur het dit gekniehalter.
“Die huidige direksie en bestuurspan het bewys dit is moontlik vir NWR om winsgewend te wees, maar 2019 was ook 'n uitsonderlike jaar vanuit 'n toerisme-oogpunt. Toerisme sal nie gou weer terug op 2019 se vlak wees nie. Dit sal meer as twee jaar neem om weer te normaliseer,” lui die verslag.
Dit beveel ook aan dat die regering 'n aandelefonds van N$250 miljoen voorsien en 'n kosteverminderingstrategie met duidelike doelwitte implementeer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie