Probeer hou perspektief deur die vreemde tye
Probeer hou perspektief deur die vreemde tye

Probeer hou perspektief deur die vreemde tye

[email protected]
Andrew Poolman
Tragedie + Tyd = Komedie

Neem ’n oomblik om hieroor na te dink, as jy dit nog nie tevore gehoor of gedoen het nie.

Dié aanhaling word onder andere toegedig aan Mark Twain (1835-1910). Volgens sy Wiki-beskrywing word hy geroem as die grootste van Amerika se humoriste in die geskiedenis.

Kliek jy dan op die skakel om te sien wat ’n humoris is, sien jy presies dieselfde foto van dié besnorde gryskop-omie met die welige wenkbroue.

’n Humoris, sê Wikipedia, is ’n intellektueel wat humor in skrywe of as openbare spreker gebruik, maar is ’n kunstenaar wat mense nie bloot wil laat lag nie en word onderskei van ’n komediant, wat vir “show business” vermaak en sy/haar geld verdien deur gehore aan die lag te kry. “Dit is moontlik om gedurende die verloop van ’n loopbaan beide rolle te vervul.”

Tot 110 jaar en langer gelede was die man gebore as Samuel Clemens (onder sy skryfnaam, Mark Twain) dus die Trevor Noah, Steven Colbert, Bill Burr en Dave Chappelle van sy era. Een van daai skerpsinnige mense met die gawe om in die nuus van die dag die absurde komedie en die versteekte ongemaklike waarhede raak te sien en met immergroen wyshede te verwoord.

Pittig, soos ’n mielie.

Maar ek dwaal af.

Het jy al die waarheid van die wiskundige formule ondervind, dat Tragedie + Tyd = Komedie?

Dit spreek van die menslike vermoë om met die verloop van tyd te kan lag, of minstens glimlag, oor selfs die mees persoonlike terugslae en tragedies.

Die coronavirus is soos klitsgras in ’n wolkombers. Waar hy vat kry, los hy nie ligtelik nie. Dié waarneming geld eerstens vir die individu, want al bestee die virus statisties gesproke net 1% of 2% of 0,6% van sy tyd hand-aan-hand met die Grim Reaper, is die getuienis van menige oorlewendes dat die siektetoestand nie speletjies is nie. Selfs fikse atlete is al tot in die diep water en tot naby die rand van die afgrond gesleep.

Andersyds geld die klitsgras-vergelyking ook vir elke gemeenskap, klein of groot. Selfs op afgesonderde plekke en gedissiplineerde samelewings soos Nieu-Seeland waar corona se keel toegedruk was om die nuwe gevalle tot by nul af te ding, was dit toe net ’n kwessie van tyd voordat die nare gedierte se afgekapte kop weer teruggegroei het.

Een van my ooms in Suid-Afrika is eergister begrawe, ná twee jaar van lyding as nagevolg van ’n beroerte wat hom bedlêend en vir lang tye in ’n koma gelaat het.

Die groot C het sover ek weet geen rol in sy afsterwe gespeel nie, maar was wel die rede waarom familie van ver weens geslote landsgrense of beperkings op byeenkomste nie daar kon wees om afskeid te neem nie.

Die vorige dag het ek dus die vreemde ervaring gehad dat familie en kennisse op hul selfone die skakel ontvang het na die aanlyn ontmoeting waar ons die volgende dag se begrafnisdiens in Centurion regstreeks kon meemaak.

Tydens inperkings is die bywoning van troues, begrafnisse en ander vergaderings op jou selfoon natuurlik lank nie meer ongekend nie. As daar een bedryf is wat tans floreer, is dit sulke aanlyn platforms.

Eendag sal ons dalk met heimweë na 2020 verwys as die goeie ou dae.

Tot dan, hou maar die masker op en doen só jou deel om die trefhoue op ons ekonomie af te weer.

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.96 | EUR to NAD 19.21 | CNY to NAD 2.45 | USD to NAD 17.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.87 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.25 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14193.3 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 654.83/OZ DOWN -0.0013 | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0091 | Zinc US$ 3 005.00/T DOWN -0.38% | Brent Crude Oil US$ 73.89/BBP DOWN -0.0177 | Platinum US$ 989.62/OZ UP +0.13% #N/A