Produk-etikettering het groot waarde vir verbruikers
Dr. Kobus Laubscher - Januarie is Wêreldmaand vir Veilige Voedsel met klem op die waarde van inligting oor dit wat verbruikers eet.
Internasionale handel het markgrense grootliks laat vervaag en verpligte inligting oor wat verpak is in terme van voedingswaarde en die oorsprong van produksie, komplementeer handel en bevorder gesondheid deur reg te eet. Daar is onomstootlike bewys van die waarde van kennis, maar ook oor dit wat kan gebeur as die verbruiker mislei word.
Voedseletikette is wetlik afdwingbaar in alle saakmakende lande en het as rugsteuning die Codex Alimentarius, riglyne vir internasionale voedselstandaarde.
Dit is wetenskaplik gebaseer en is deur 188 lede ontwikkel tot wetlik afdwingbare beleide wat globaal toegepas word. Hierdie standaarde dra betekenisvol by tot die veiligheid, kwaliteit en billikheid in die verhandeling van voedsel.
Dit stel standaarde waaraan ter wille van gemoedsrus voldoen moet word. Trouens, daar is nou selfs sprake van oordrewe gebruik van inligting op etikette soos die ware betekenis van die “best before”-datums en wel tot die mate waartoe dit uitgewys is as een van die vernaamste bydraes tot kosvermorsing.
Behoorlike en geloofwaardige etikettering het bewys dat struikelblokke ten opsigte van handel verwyder kan word.
Ten einde die waarde van voedseletikette behoorlik te verstaan, het die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) ses riglyne gepubliseer om dit beter te verstaan en aan te wend.
Eerstens help die inligting op etikette om die samestelling van die inhoud van ‘n verpakking te verstaan in terme van voedingswaarde soos vet- , die suikerinhoud, ensovoorts.
Hierdie inligting is uiters belangrik om te verseker mens eet gesond en dat dit veilig is. Daarmee saam skep dit die geleentheid om te besin oor tekorte, veral wat yster en vitamiene betref.
Wat jy eet bepaal ook jou liggaamsmassa en deur ag te slaan op wat jy eet, kan jy gesonder leef. Dink byvoorbeeld aan die implikasies van verkeerd eet in die geval van diabetes omdat inligting ontbreek.
Tweedens help betroubare inligting op ‘n etiket om voedselveiligheid te bevorder en komplementeer dit voedselsekuriteit.
Na raming word tot 600 miljoen mense wêreldwyd jaarliks siek as gevolg van besmette voedsel. Die Listeriose probleem in Suid-Afrika het meer as 200 lewens gekos en sá deel geword van die geskatte 420 000 mense wat jaarliks as gevolg van besmette kos sterf.
Daar is ook gevalle bekend waar verouderde voedsel teen baie lae pryse verkoop word en die armstes van die armes so uitgebuit word.
Die regte etikettering gee broodnodige inligting oor hoe om met kos te werk in terme van berging en gaarmaak.
Derdens voorkom dit dat vervalste produkte aan niksvermoedende verbruikers afgesmeer word. Betroubare voorsieners is trots op die oorsprong, produksiepraktyke, ensovorrts van wat hulle aanbied. Ongelukkig is daar kortpadspelers wat naboots en blatant lieg.
Standaardprosedures ten opsigte van etikette wat internationale standaarde voldoen, skep markte deur die vertroue wat die etikette saamdra.
Farm Assured Namibian Meat, oftewel vleis met die FANMeat-kenteken wat behoorlik gemerk is aan die hand van die standaarde, laat kopers nooit twyfel nie. Trouens, deur QR-kodes die verpakkingsetiket kan die verbruiker selfs insae kry oor hoe en waar die produk geproduseer is.
Kettingwinkels stel dit byvoorbeeld baie duidelik dat sê byvoorbeeld alle vis wat te koop is, deur volhoubare metodes ontgin is, of dat vleis van die veld af se oorsprong naspeurbaar is.
‘n Tyd gelede is Chinese lekkergoedvervaardigers uitgevang omdat hulle melamien in hul produkte ingesluit het sonder om die verbruiker te waarsku. Daarmee kon die vervaardigers die volumes rek, maar die gesondheidsgevare is bloot ignoreer.
Waarskuwings oor die moontlike gesondheidsgevare van sekere van die bestanddele in die verpakking kan baie ellendes voorkom.
Die vierde faktor handel oor die waarde daarvan dat die verbruikers ingelig kan koop. Moderne weerstandigheid ten opsigte van siektes maak dit noodsaaklik. Die moeder van ’n baba wat laktose-onverdraagsaam is, moet weet as ‘n produk laktose bevat.
Daar is gevalle bekend waar verswyging van sulke belangrike inligting, aanleiding gegee het tot regsaksies.
Die verdere waarde van korrekte etikettering kan kosvermorsing ook beperk. Verbruikers moet ingelig wees oor hoe lank dit veilig is om kos te eet. Na raming gaan tot 10% van alles kos in die Europese Unie verlore omdat verbruikers nie die inligting op die etiket behoorlik lees nie.
Verwarring oor Beste voor- en Gebruik teen-datums is die vernaamste oorsaak.
Van die belangrikste positiewe gevolge van behoorlike etikettering is dat dit die verbruik van plaaslike produkte kan bevorder.
Daar is bewys dat die plek van oorsprong op etikette gelei het tot prysverhogings vir produsente van tussen 20% en 50%, toon ’n studie deur die FAO na nege produkte waar die oorsprong aangedui is.
Dit is weliswaar vir internasionale produkte, maar Karoo Lam het na bewering dieselfde moontlikhede.
Daar is baie bewyse waar die verbruiker sy hand dieper in die sak sal steek om ’n sekere produk te kan koop wat van ’n bepaalde plek af kom.
Die taak rus egter op almal se skouers om ingelig te koop en te eet en waar die nodige inligting ontbreek, seker te maak dat dit wel bekom word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie