Produksierekord gehaal, maar Sasol-wins af
Sasol het 'n slotdividend van R7,80 per aandeel verklaar, wat minder is as die R9,10 van die vorige jaar.
Francois Williams - Die petrochemiese reus Sasol se Secunda-aanleg het sy produksie van brandstof uit steenkool in die afgelope boekjaar met net 1% verhoog, maar dit was nogtans genoeg om as 'n nuwe rekordproduksievlak van 7,83 miljoen ton vir dié aanleg te tel.
Tog het sy bedryfswins met 21% tot R3,7 miljard gedaal weens 'n staking by sy steenkoolmynbedrywighede in die Secunda-omgewing in die eerste helfte van die boekjaar.
Om die beter produksiesyfers te kon behaal, het Sasol meer steenkool van ander myne aangekoop en meer aardgas is gebruik om die steenkool wat benodig is te beperk. Die staking het 'n ekstra eenmalige koste van R1 miljard meegebring, asook R400 miljoen wat bestee is aan die koop van steenkool van ander myne.
Sasol het gister aangekondig sy wesensverdienste per aandeel vir die boekjaar tot einde Junie is 15% laer op R35,15, maar gewone verdienste per aandeel is wel 54% op tot R33,36 in ooreenstemming met die markkonsensus.
Sasol se enorme uitbreiding van sy chemiese aanleg by Lake Charles in die Amerikaanse deelstaat Louisiana is nou 74% klaar, en hy het reeds US$7,5 miljard daar bestee.
Olieprys
Sasol se lot is nou verbind aan die olieprys, en Bongani Nqwababa, mede- uitvoerende hoof van Sasol, sê die groep kan winsgewend sake doen en gesonde kontantvloei genereer al sou oliepryse tot so laag as US$40 per vat daal.
Stephen Cornell, die ander mede- uitvoerende hoof van Sasol, sê die groep kon danksy gedissiplineerde kostebeheer, 'n fokus op kontantbewaring en doeltreffende bestuur van risiko's steeds aandeelhouerswaarde skep.
Die groep sê die lae olieprys en sterker rand het nietemin sy geldsake onder druk geplaas. Die gemiddelde Brent ruolieprys vir die boekjaar was US$49,77 per vat, teenoor US$43,37 in die vorige boekjaar.
Die verdienste per aandeel wat met 54% geklim het, kom van die vorige jaar se lae basis toe R9,9 miljard afgeskryf is op Sasol se Kanadese skaliegasbates. Die groep se kernwesensverdienste het met 6% tot R2,29 per aandeel gestyg.
Wat die wesensverdienste die afgelope boekjaar met 15% afgedruk het is onder meer 'n gedeeltelike afskrywing van R1,7 miljard in Sasol se beplande gas-tot-brandstofprojek in Amerika. Die afskrywing is gedoen weens die onsekerheid oor die waarskynlikheid en tydsberekening van die bouwerk aan die projek.
Kontant
Sasol se beursie is leër. Sy netto kontantposisie is 44% laer op R29,3 miljard. Dit is hoofsaaklik weens die finansiering van sy Lake Charles-projek en die uitwerking van 'n sterker randdollar-wisselkoers teen die einde van die boekjaar.
Sy kontant uit bedrywighede het met 19% tot R44,1 miljard gekrimp. Die groep is tog gemaklik om sy skuldhefboomverhouding tot 27% te verhoog. Dit is steeds beter as sy vorige teiken van 30% tot 35% en bied die groep dus nog beweegruimte om meer geld uit te gee.
Sasol het 'n slotdividend van R7,80 per aandeel verklaar, wat minder is as die R9,10 van die vorige jaar.
Sy aandeelprys het die afgelope jaar redelik wisselvallig in 'n band tussen R360 en R420 verhandel. Dit het Vrydagaand op R390,57 gesluit.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie