Produktiwiteit in Brittanje swakste in 250 j.
Produktiwiteit in Brittanje swakste in 250 j.

Produktiwiteit in Brittanje swakste in 250 j.

Die daling in Brittanje se produktiwiteit is die ergste in 250 jaar, volgens navorsing deur ekonome van die Universiteite van Sussex en Loughborough.

Volgens die verslag was produktiwiteit in 2018 amper 20% onder die neiging voor 2008.

Dit is die ergste verlangsaming sedert George III in die laat 18de eeu aan bewind was en ’n “skokkende swak prestasie”, volgens Nicholas Crafts, medeskrywer van die verslag saam met Terence Mills.

Hulle meen dié afswaai in produktiwiteit het moontlik drie oorsake, waaronder Brexit. Die ander faktore is ’n finansiële krisis en dat die impak van inligtingskommunikasietegnologie op produktiwiteit afgeneem het.

Tegnologie het ’n wesenlike impak gehad op produktiwiteit aan die begin van die 21ste eeu. Dit het egter minder as ’n kwart tot produktiwiteit bygedra in die dekade sedert 2008.

Die navorsers meen ’n nuwe revolusie is moontlik op die horison vanweë kunsmatige intelligensie, maar dit het nog nie ’n wesenlike impak nie.

Die inligting word op 6 Februarie in die akademiese joernaal National Institute Economic Review gepubliseer. – Bloomberg/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!