Prof. Kerina mag nie in grafheiligdom van opperhoofde rus
Die Ovaherero Tradisionele Owerheid (OTA) het Saterdagaand 'n dringende hofaansoek in die hoërhof in Windhoek gebring om te verhoed dat prof. Mburumba Kerina (foto) Sondag (vandag) in die grafheiligdom op Okahandja begrawe word wat vir Ovaherero-opperhoofde gereserveer is nie.
Die plan is om die gestorwe opperhoof, adv. Vekuii Rukoro - wat enkele dae ná Kerina ook aan Covid-19 dood is - aanstaande Sondag (18 Julie) daar ter ruste te lê.
Prof. Mutjinde Katjiua, voorsitter van OTA se oorgangskomitee, sê in 'n verklaring die hoërhofbevel wat 'n stokkie steek voor die plan om Kerina daar te begrawe, moet nie gesien word "as 'n aksie teen dié roemryke seun van hierdie land wat ons hoog ag nie". Hy sê daarom het OTA aanbeveel dat hy in dié seksie van die begraafplaas ter ruste gelê word wat vir die Ovaherero se helde en heldinne gereserveer is.
Foto: www.sciencetechniz.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie