Prof. Kerina nie begrawe
Prof. Kerina nie begrawe

Prof. Kerina nie begrawe

Die Ovaherero Tradisionele Owerheid (OTA) sê hy het nie 'n "aksie" teen wyle prof. Mburumba Kerina nie, maar dat tradisionele reëls beskerm moet word.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Een van Namibië se groot intellektuele en gerekende lid van die Ovaherero-gemeenskap kon nie gister begrawe word soos beplan is nie.

Dit het gevolg ná die Ovaherero Tradisionele Owerheid (OTA) Saterdagaand 'n dringende hofbevel in die hoërhof in Windhoek verkry het om te verhoed dat prof. Mburumba Kerina gister in die grafheiligdom vir opperhoofde op Okahandja ter ruste gelê word.

Hy is op 14 Junie in die ouderdom van 89 jaar aan Covid-19 dood.

Dié gedeelte van die begraafplaas is deur die Ovaherero-gemeenskap se tradisionele reëls uitsluitlik vir opperhoofde geoormerk.

Me. Jacky Kerina, sy dogter, het gister by navraag gesê sy "is nie by magte” om die kwessie te bespreek nie.

OTA beplan om sy gestorwe opperhoof, adv. Vekuii Rukoro – wat enkele dae ná Kerina ook aan Covid-19 dood is – aanstaande Sondag in dié grafheiligdom ter ruste te lê.

Prof. Mutjinde Katjiua, voorsitter van OTA se oorgangskomitee, sê in 'n verklaring die hoërhofbevel wat 'n stokkie gesteek het voor die plan om Kerina daar te begrawe, moet nie gesien word "as 'n aksie teen dié roemryke seun van hierdie land wat ons hoog ag nie".

Hy sê daarom het OTA aanbeveel dat hy in dié seksie van die begraafplaas ter ruste gelê word wat vir die Ovaherero se helde en heldinne gereserveer is.

Katjiua sê OTA het hom tot die hof gewend om die “heiligheid van die grafheilighdom te beskerm wat die Ovaherero-gemeenskap vir opperhoofde gereserveer het”.

Geskiedkundige leiers soos Jonker Afrikaner, Hosea Kutako, Clemence Kapuuo en meer onlange hoofmanne soos Kuaima Riruako en Hendriena Afrikaner is daar begrawe.

“Ons is ’n trotste volk wat ’n volksmoord oorleef het en ons gemeenskap in Namibië en die diaspora uit niks weer opgebou het nie. Ons ag ons tradisionele gewoontes en praktyke en is daartoe verbind om dit ten alle koste te beskerm,” sê Katjiua.

Hy sê hulle bid vir die familie van Kerina, “die sagte held” wat aan Namibiërs hul identiteit gegee het. Dit was hy wat voorgestel het Suidwes-Afrika moet na die Namib-woestyn hernoem word.

Dit is nie bekend wanneer en waar hy begrawe sal word nie.
[email protected]

FOTO
Prof. Mburumba Kerina kon vanweë 'n hofbevel nie gister in die grafheiligdom van die Ovaherero op Okahandja begrawe word wat vir -opperhoofde gereserveer is nie. Foto www.sciencetechniz.com

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!