'Profeetu2019 Babi pleit volgende week op klagte van omkopery
'Profeetu2019 Babi pleit volgende week op klagte van omkopery

'Profeet’ Babi pleit volgende week op klagte van omkopery

Francoise Steynberg
Die selfverklaarde profeet Jackson Babi en ’n medebeskuldigde wat glo polisieondersoekbeamptes met N$13 000 probeer omkoop het, sal volgende week in die hof pleit.

Babi en mnr. Ananias Ananias het vandag weer in die Windhoekse landdroshof verskyn waartydens hulle ingelig is dat die ondersoek na die saak van omkopery voltooi is en dat hulle op Vrydag 6 November kan pleit.

Die besluit vir die twee beskuldigdes om te pleit is in die hof tussen hul regsverteenwoordiger, mnr. Kadhila Amoome en die staatsaanklaer, me. Precious Matali, ooreengekom.

Landdros Samunzala Samunzala was op die bank.

Buiten die klagte van omgekopery staar Babi en Ananias ook elk ’n klag van die onwettige besit van twee renosterhorings, ’n vuurwapen en ammunisie sonder ’n lisensie in die gesig.

In hierdie saak is Babi en Ananiasin hegtenis geneem saam met ses ander mans, insluitend ’n polisiebeampte van die beskermingseenheid vir baie belangrike persone,.

Hierdie saak duur in die Gobabis-landdroshof voort waar die renosters in die Omahekestreek gestroop is.

Babi en Ananias bly in aanhouding in die afdeling vir verhoorafwagtendes in die Windhoek-polisiekantoor, met geen opsie van borgtog nie.

– Nampa

Foto Francoise Steynberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!