Professionele jagters se bewaringswerk
Professionele jagters se rol in die beskerming van wild se habitat en eindelik die bewaring van wild, ontvang nie altyd die nodige erkenning nie.
Emmanuel Koro, Johannesburg – Ná die verwoestende uitwerking van die Covid-19-pandemie op die Namibiese jag- en fotosafari-bedryf, het jagsyfers vanjaar ietwat verbeter.
Terwyl sowat 5 000 jagters Namibië jaarliks tussen 2016 en 2019 kom besoek het, was Namibië teen Augustus vanjaar die gasheer van sowat 1 000 jagters, volgens ‘n opname deur die Namibië Professionele Jagtersvereniging (Napha). Na verwagting sal die syfer nog beduidend styg tot die jagseisoen op 30 November vanjaar eindig.
Die Johannesburgse joernalis Emmanuel Koro het ‘n onderhoud met Napha se visepresident, mnr. Axel Cramer, oor die plaaslike jagbedryf en die bedryf se rol in wildbewaring gevoer.
WAARDEVOL
Professionele jagters bring internasionale jagters en ‘n inkomste na Afrika. Boonop dra hulle by tot die bestuur en bewaring van wild deur aanvaarbare jag-etiek. Hulle gebruik ook die inkomste wat hulle uit jag maak om vir wild- en habitatbewaring te betaal.
Sou professionele jagters nie bestaan het nie, sou dit ‘n verlore geleentheid vir die bewaring van wild wees, asook vir bewaringsgemeenskappe se sosioëkonomiese welstand in Afrika, insluitend Namibië.
Tog word baie min erkenning gegee aan professionele jagters se rol in die bewaring van wild in Afrika. Wildbewaring staan sentraal tot Napha se jagbedrywighede.
“Etiese jag en bewaring loop hand aan hand,” sê Cramer.
“Ons mikpunt is etiese optrede en volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne om die bedryf vir huidige en toekomstige generasies te bewaar.
“Ons is baie optimisties oor die toekoms van jag in ons land, omdat dit deel van ons bestaan is en diep in ons waardestelsel gegrond is – veral as dit kom by Napha se lede wat die hoogste standaarde van professionele diens aan jaggaste bied,” het hy gesê.
“Namibië se amptelike rekords wys die grootste deel van die geld wat deur jagkonsessies op staatsgrond bygedra word, gaan vir teenstroping en renosterbewaring, daarna na beskermde gebiede en ingryping in mens-dier-konflik,” het Cramer gesê.
Intussen het die stigterspresident van die Amerikaanse Bewaringsvors, mnr. John J. Jackson III, onlangs Namibië se sukses in wildbewaring erken – veral as dit by die bewaring van leeus kom.
BEWARING
Sowat 48% van Namibië is tans onder die een of ander vorm van bewaringsbestuur, wat die hoogste persentasie in die wêreld is.
“Die bewaring van wild en hul habitat is nie net die werk van die regering, nasionale parke of kommunale bewaringsgebiede nie,” sê Cramer.
“Elke plaas op private grond in Namibië speel ‘n beduidende rol in bewaringsjag as alternatief waar tradisionele landbou nie langer volhoubaar is nie. Buitelandse valuta vir jagters is ‘n waardevolle bydrae tot die land se bruto binnelandse produk (BBP) en bied talle werksgeleenthede in die informele sektor.
Napha raam dat Namibië se nasionale wildgetalle op sowat 3 miljoen diere staan.
“Jagbedrywighede in Namibië, veral op private grond, is die beste manier om wild se habitat op grootskaal te beskerm,” sê Cramer.
“Die ander goeie ding van dié soort jag, is dat dit alternatiewe maniere bied van hoe om grond te benut teenoor tradisionele landboubedrywighede. In die verlede het veel minder wild op plase voorgekom. Met die uitbreiding van waterinfrastruktuur op plase en sedert boere eienaarskap oor die wild op hul plase gekry het, het wild se getalle begin toeneem.
Vandag het ons tot 60% méér wild as in die laat 1950’s sedert professionele jagters grondeienaars betaal het om wild by hulle te kom jag en plase in jag- en bewaringsgebiede omgeskakel is.”
“Dit het boere aangespoor om sekere wildspesies opnuut op hul plase te hervestig en bewaringsgebiede het begin floreer. Volhoubare jag is die sleutel tot hul bewaring en beskerming van wild en hul habitat in Afrika.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie