Projek bemagtig Kasika-gemeenskap

Die Kasika-boorgatprojek is maar een van die verskeie bewarings- en gemeenskapsprojekte wat deur die CCFA, ’n niewinsgewende organisasie, van stapel gestuur is.
Yandi Du Plessis
Die Community Conservation Fund Africa (CCFA) en ’n bekende Suid-Afrikaanse kunstenaar bied ’n kunsprojek aan met die doel om skoon drinkwater aan die Kasika-gemeenskappe te voorsien.

Die kunsprojek behels die verkoop van vier ongelooflike skilderye van die Choberivier deur die kunstenaar Denby Meyer. Die opbrengs hiervan sal gebruik word om ’n boorgatprojek in die Kasika-gebied te finansier.

Meyer woon in Kaapstad en word deur die Everard Read Gallery verteenwoordig. Sy het al verskeie uitstallings in Kaapstad, Johannesburg en London gehou. Haar Chobe-reeks, wat die skoonheid van die Zambezi Queen-versameling weerspieël, is te koop om die CCFA Kasika-boorgatprojek te ondersteun.

“Oor die jare was ek bevoorreg genoeg om ’n paar reise na die Chobe-gebied te onderneem en tyd deur te bring op die Zambezi Queen en Chobe Princess. Ek was nog altyd lief vir dié gebied – die skoonheid van die rivier en die omringende landskap – die absolute vrede en sielsrus wat ek daar ervaar. Om nie eens van die opwindende wildlewe in sy natuurlike habitat te praat nie! Ek wou van dié aspekte op die skilderdoek vasvang,” sê Meyer.

“Daar is ’n skildery in só baie dele van die lewe op die rivierlandskap, hetsy dit die olifante of die mense is wie se lewensbestaan van die rivier afhanklik is. Dit kan selfs die rivier self wees. Vir 'n kunstenaar is daar oneindige inspirasie. Nadat ek 'n aantal skilderye van die omgewing en die gemeenskap wat langs die rivier woon, voltooi het, was ek bly dat ek op hierdie manier kon bydra tot hulle welstand in hierdie moeilike tye.”

Die skoonheid van die Chobe-landskap kan nou in jóú huis hang. Meyer se skilderye verbeeld die ervaring van ’n Chobe-safari. Jy voel byna die hitte van die son, sien byna hoe die son op die water weerkaats.

“Vir die gesinne wat in die Chobe-gebied woon, kan die daaglikse taak om water te gaan haal uitdagend en self lewensgevaarlik wees,” verduidelik Di Luden, die uitvoerende direkteur van CCFA.

“Kan jy jou indink hoe dit moet wees om elke dag die lang afstand tussen Kasika en die naaste rivier te moet stap, waar daar boonop krokodille op die rivierbanke lê?

“Water uit die drie nuwe Kasika-boorgate sal na ongeveer agt afsetpype gelei word om te sorg dat dit beter onder die mense in hierdie gemeenskappe versprei word. Dit beteken dat almal – jonk, oud, siek of liggaamlik gestrem – veilige toegang tot skoon, vars drinkwater sal hê.”

Die Kasika-boorgatprojek is maar een van die verskeie bewarings- en gemeenskapsprojekte wat deur die CCFA, ’n niewinsgewende organisasie, van stapel gestuur is. Die organisasie is aktief betrokke by die opvoeding en bemagtiging van plaaslike gemeenskappe en die implementering van volhoubare stelsels vir wildbestuur.

Suksesvolle projekte word tans in sewe lande in Suider-Afrika bestuur. Behalwe vir die fokus op die voorsiening van skoon drinkwater vir Namibiese gemeenskappe, is die fokus ook op gorilla-gesondheid in Rwanda tot die onwettige handel in bedreigde gryskraanvoëls, die skep van groen landskappe, die bewaring van olifante en die skep van 'n visseryprojek wat tans ongeveer 120 gesinne ondersteun.

Die reeks van vier 80 cm x 110 cm skilderye word teen U$5 500 elk waardeer. Altesaam 50% van die opbrengs word aan CCFA geskenk. Indien jy wil bydra tot die finansiering van die boorgatprojek, besoek www.ccfa.africa vir meer inligting.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!