Proklamasie oor plakkers dalk binnekort verhoor
Die hofsaak waarin die grondwetlikheid van die plakkersproklamasie van 1985 ter sprake is, se verhoordatums sal binnekort geskeduleer word.
Kristien Kruger – Die hofsaak waarin die grondaktivis mnr. Dimbulukeni Nauyoma eis dat die “ongrondwetlike” proklamasie op plakkers van 1985 nietig verklaar moet word, is gister in die hoërhof in Windhoek tot volgende week uitgestel.
Nauyoma het in September 2021 die regering en die prokureur-generaal hof toe gesleep en beweer die proklamasie is destyds deur die apartheidsregime gebruik om te verhoed dat “normale Namibiërs” grond besit.
Mnr. Erastus Uutoni, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, het egter in sy reaksie gesê die proklamasie bly nodig om onwettige grondbesetting te voorkom en eiendomsreg te beskerm.
“Indien aanvaar word dat Namibië tans ’n agterstand van meer as 300 000 behuisingseenhede het, moet ook aanvaar word mense sal sekerlik op ander maniere toegang tot grond verkry deur strukture op onbewoonde grond op te rig,” het Nauyoma in sy beëdigde verklaring gesê.
Die partye sal op 18 Februarie weer in die hof vergader om datums vir die verhoor te skeduleer.
Sedert September is die saak reeds minstens agt keer uitgestel, maar is nou bykans gereed vir die verhoor om te begin.
‘DEEL VAN APARTHEIDSREGIME’
Nauyoma beweer die proklamasie is strydig met artikel 8, 10 en 16 van die Namibiese Grondwet.
Artikel 10 vereis dat alle mense, ongeag of hul ryk of arm is, gelyk behandel moet word.
Uutoni beweer egter die proklamasie diskrimineer nie.
“Die proklamasie tref nie ’n onderskeid tussen ’n arm en ’n ryk persoon nie. Dit verwys na enige persoon, ongeag die status van die persoon in die samelewing.”
Uutoni het ook in sy verklaring aangedui dat Nauyoma se eis nie gebaseer is op werklike gebeure, persoonlike ervaring of skending van sy regte nie.
“Dis duidelik uit sy verklaring sy hoofdoelwit spruit uitsluitlik uit die implementering van die proklamasie en nie uit werklike vooroordele wat voortspruit uit die effek van, of die afdwinging, van die proklamasie nie.
“Sy grondwetlike aanval op die proklamasie is grootliks daarop gebaseer dat die proklamasie deur die vorige regime uitgevaardig is.”
Uutoni voer aan die huidige toepassing van die proklamasie is heeltemal anders as tydens die apartheidsera.
WETGEWING GLO BUITE HOF SE JURISDIKSIE
In sy teenaansoek het Uutoni aangevoer slegs die parlement kan wette opstel of herroep en het die mag om die wetgewende verligting te verleen waarvoor die eiser vra.
Hy het Nauyoma beskuldig dat hy die hof aangemoedig het om in te meng by pligte wat vir die wetgewer voorbehou is.
“Die applikant moet die relevante wetgewende liggaam nader. Die Nasionale Vergadering (NV) is die hoogste wetgewende gesag.”
GEDEELTE TEVORE GESKRAP
Republikein het destyds berig die hooggeregshof het tevore gedeeltes van die proklamasie wat die gewelddadige verwydering van onwettige nedersetters op munisipale grond sonder ’n uitsettingsbevel deur die hof toegelaat het, as ongrondwetlik verklaar.
Die bepalings is deur die land se hooggeregshof geskrap, wat beslis het “die vernietiging van ’n woning en die verwydering van die inhoud daarvan hou ernstige gevolge in vir diegene wat geraak is – selfs al het die huis ’n geringe materiële waarde gehad”.
Gevolglik het die hof beslis dis ontoelaatbaar om huise wat onwettig opgerig is, af te breek sonder vooraf kennisgewing of ’n kans vir die partye wat geraak word om hul pleidooie te rig. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie