Prokureurs oor trustgeld geskors
Die hoërhof het twee regsverteenwoordigers hangende ’n dissiplinêre verhoor oor trustgeld geskors.
Augetto Graig - Ná 19 jaar hang mnr. Richard Mueller, ’n prokureur by die Diethelm Mueller-regspraktyk, se regsloopbaan in die weegskaal.
Dit ná die hoërhof hom op 3 Oktober in verband met vermiste trustgeld geskors het.
Mnr. Mutimani Lutibezi, ook ’n prokureur, is ’n dag tevore weens ’n soortgelyke oortreding geskors.
Beide wag nou op ’n tugkomitee se uitspraak.
Die sake teen die prokureurs is deur die Regsgenootskap van Namibië (LSN) aanhangig gemaak ná die genootskap klagtes ontvang het.
Volgens me. Retha Steinmann, direkteur van die LSN, is die beskerming van trustgeld van kardinale belang omdat dit die regsberoep in Namibië se reputasie raak.
Sy sê die LSN het ten doel om standaarde van gedrag en integriteit onder lede van die regsberoep te handhaaf, die korrekte praktyk te bepaal en dissipline te bevorder.
“Die bewaring van trustgeld deur regsverteenwoordigers in privaat praktyk is ’n belangrike deel van die bewaring van die regsberoep se integriteit,” sê sy.
Die LSN speel ’n belangrike rol in die beskerming van openbare fondse deur regsfirmas te help om aan die betrokke reëls en regulasies te voldoen en deur risikobestuur dienste aan te bied en gereeld inspeksie te doen, sê sy.
“As die LSN klagtes van lede van die publiek ontvang oor moontlike oortredings met betrekking tot trustgeld is die ons verplig om regstellende stappe te doen en sal nie huiwer nie,” sê sy.
Afgesien van die verwysing van verdagte prokureurs na die dissiplinêre komitee, sal die LSN in ernstige sake ook die hoërhof nader om beskuldigdes hangende die dissiplinêre proses te skors, sê sy.
In Mueller se geval was meer as N$1,5 miljoen van Namibia Wildlife Resorts (NWR) se geld onder sy toesig, waarvan meer as ’n miljoen vermis word.
Dié geld moes volgens ’n ooreenkoms met die staatsonderneming reeds in 2018 ná ’n bougeskil aan Sun Karros betaal word.
Mueller het volgens berigte op 1 Oktober reeds self besluit om sy regspraktyk te sluit en het die registrateur van die hof gevra om sy naam van die rol van regspraktisyns te skrap.
Lutibezi is sedert 2015 op Rundu in die regsberoep en is in 2017 verhoor op klagte van die verkragting van ’n minderjarige en die beskadiging van eiendom.
Vroeër vanjaar moes ’n moordsaak in Augustus uitgestel word omdat Lutibezi as staatsaangestelde regsverteenwoordiger nie opgedaag het nie.
Hy is tans geskors in verband met geld wat aan ’n kerk op Rundu behoort het.
Lutibezi het reeds meer as ’n halfmiljoen dollar terugbetaal, maar skuld die gemeente nog meer as N$320 000.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie