Prontuit oor Covid-foute
Twee medici aan die voorpunt van die pandemiestryd aan die kus, draai nie doekies om oor die foute wat Namibië in die stryd teen die Covid-19 gemaak het nie.
Erwin Leuschner op Swakopmund – ’n Aandklokreël en verbod op reis het min uitwerking in die stryd teen die Covid-19-pandemie in Namibië.
Volgens dr. Kwasi Yeboah is dit onmoontlik om dié maatreëls in die land te implementeer. Yeboah, ’n chirurg op Walvisbaai het sy opleiding by die Charité in Berlin voltooi. Hy het ook kwalifikasies as ’n noodgeval- en intensiewesorgdokter. By die Charité het hy ook as ’n navorsingsassistent by die kliniek vir aansteeklike siektes gewerk. Hy is een van ’n handjie vol mediese kundiges met dié tipe kwalifikasies in Namibië.
Onafhanklik van Yeboah, is inligting en duidelikheid oor die pandemie van ’n gekwalifiseerde Namibiese viroloog ontvang. Sy wil anoniem bly, maar stem met die dokter saam.
Yeobah het onlangs inligting tydens die Covid-19-inligtingsessie op Swakopmund verskaf.
“Ongelukkig is daar baie foutiewe inligting oor die pandemie. Professionele kundiges was nie duidelik genoeg om die gemeenskap in te lig nie en daarom kon politici onsekerheid en frustrasie in die samelewing saai,” het hy gesê.
Covid-19 is ’n gesondheidsprobleem en moet dus deur die mense in die gesondheidsektor aangespreek word. Die pandemie in Namibië is verpolitiseer en daar is nie na raad van kenners geluister nie.
“Ek kan nie my kop in die sand steek nie. Ons moet ons bes doen,” het hy gesê.
Volgens hom het verskeie dokters, spesialiste en mediese kundiges van die private en openbare sektor reeds in Januarie op Walvisbaai vergader om ’n gebeurlikheidsplan teen die pandemie te bespreek.
“’n Plan is saamgestel waarin besonderhede uiteengesit is oor wat in Namibië en veral op Walvisbaai benodig word,” het hy gesê en bygevoeg die uitbreking van die pandemie in die hawestad onafwendbaar was.
“Ons het streng beheermaatreëls voorgestel om Covid-19-gevaarpunte in die gemeenskap vinnig te identifiseer en te beheer,” het hy gesê.
Daar het dadels van die kundige raad gekom.
“Ons het gehoop dat ons 'n pasgemaakte konsep vir Namibië kan vind. Elke land het sy eie konsep ontwikkel. Ongelukkig het Namibië ander lande nagevolg en die werklike werk is nie gedoen nie,” het die dokter gesê.
’n Nasionale hoktydperk is afgekondig nadat twee Romeense toeriste positief vir Covid-19 getoets het.
“Dit was totale snert,” het Yeboah gesê.
“’n Handjievol gevalle is nie genoeg om ’n hele land in te hok nie.”
Terwyl die hoktydperk opgelê was, moes voorbereidings om die pandemie te beveg, gemaak word. Ventilators moes bestel en geïnstalleer word, dokters en verpleegsters moes opgelei word; baie meer moes gedoen word.
“Maar niks is gedoen nie,” het hy gesê.
“Met die afkondiging van die hoktyd het dit baie Namibiërs ook onder die indruk laat verkeer dat hulle nou met die virus besmet gaan word – dit was ’n maatreël om die virus heeltemal uit te hou. Dit is onsin.”
“Daar is altyd baie verwarring en uitdagings met die hantering van opkomende aansteeklike siektes,” het die onafhanklike viroloog gesê.
Sy voel dat in plaas van die hoktyd in Maart, slegs die Namibiese grense gesluit moes wees.
“’n Interne hoktyd moes eers in Mei begin het toe ons winter begin het. Ons weet dat ander coronavirusse wintermaande verkies,” het sy gesê.
Die lewensomstandighede in informele nedersettings het sonder twyfel tot die verspreiding van die virus bygedra en “geen hoktyd kan dit regstel nie.”
Volgens Yeboah is die pandemie in Namibië nie net ’n gesondheidskwessie nie, maar ook ’n sosioëkonomiese probleem, omdat die groter deel van die bevolking in stedelike gebiede in beperkte ruimte in sinkhuis woon. Daar is geen lopende water nie en die inwoners kan nie sosiale afstand toepas nie.
“Almal weet wat die omstandighede in informele nedersetting is. Die inwoners dink ons praat totale onsin. Mense kan nie by die huis bly nie. Hulle moet kapana verkoop om ’n inkomste te verdien en almal weet dit,” het hy gesê.
Dit is weens dié rede dat hy wens die hoktyd, wat weer eens verskerp is verlede week, nie geïmplementeer is nie.
“Ons sou beter daaraan toe gewees het as – veral in informele nedersettings – alle Namibiërs 'n ordentlike huis met skoon drinkwater het, gesond eet en vitamiene ontvang,” het hy gesê.
Helfte van die geveg sou ons reeds kon wen as mense gesond eet en aktief bly.
“Daarom sou ek 'n einde aan die hoktyd wou sien,” het hy gesê.
Intussen stem Yeboah saam met ’n studie deur professor Michael Mina van die Harvard-universiteit.
Mina is ’n kundige in aansteeklike siektes en ’n epidemioloog. Volgens die studie is die PCR (polymerise chain reaction)-toets vir Covid-19 nie baie effektief nie. Dit is ook die toetsmetode wat in Namibië gebruik word. Die toetsmetode is baie duur teen N$850 per toets en toetsuitslae kan tot sewe dae neem. Die professor stel voor dat ’n sogenaamde antigeentoets gedoen word wat net N$10 per toets kos en waarvan die uitslae binne 15 minute beskikbaar is.
“Nie baie mense kan met die PCR-metode getoets word nie, wat beteken daar is geen presiese statistieke beskikbaar oor hoe hoog die infeksiesyfer eintlik is nie,” het Yeboah gesê.
“Ons toetsstrategie in Namibië is ook nie effektief nie, omdat ons net simptomatiese mense en hulle kontakte toets. Dit beteken dat ons altyd agter is en nie asimptomatiese mense toets wat steeds die virus kan versprei nie.”
Mina het ook erken dat PCR-toetse “te effektief” is, wat op sy beurt problematies is. Die PCR-metode kan mense opspoor wie se liggame 'n klein gedeelte van die virus bevat.
“Almal verwerk die virus anders en vir sommige mense kan die proses tot twee maande duur. Hoewel baie mense nie baie lank aansteeklik is nie, sal hulle steeds positief toets,” het Yeboah gesê.
Die lei daartoe dat daar 'n groot hoeveelheid siek mense is wat nie regtig siek is nie. Hy gebruik die twee Roemeense toeriste as voorbeeld wat slegs ná 79 dae na die aanvanklike diagnose virusvry verklaar is.
“Dit is totale snert,” het hy gesê en bygevoeg: “Ek kan die virus vir twee maande hê sonder om iemand te infekteer, maar 'n PCR-toets kan my steeds positief verklaar.”
Die deurslaggewende faktor vir die verspreiding, is eerder die virale lading of 'n sekere aantal virusdeeltjies wat nodig is om 'n ander persoon te infekteer. Internasionale navorsers het hierdie hoeveelheid reeds bepaal.
“Dit is belangrik omdat nie almal wat die virus het iemand anders kan besmet nie,” het hy gesê.
Dit is weens dié rede dat die streng kwarantynvereistes in Namibië vir baie dokters “kwaad” maak.
“Daar is geen rede om iemand vir 14 dae onder kwarantyn te plaas nie,” het Yeboah gesê. Die virus is slegs aansteeklik gedurende die eerste paar dae.
Aangesien daar amper geen statistieke in Namibië beskikbaar is nie, is dokters baie gefrustreerd. Die aantal onaangemelde geïnfekteerde mense is uiters hoog in die land. Yeboah is oortuig dat die virus langer as drie maande terug al in die gemeenskap versprei het.
Weens ’n gebrek aan toetsing is dit nooit vasgestel nie.
Hy skat dat die aantal ongerapporteerde gevalle meer as vier keer hoër as die werklike aantal infeksies is. Baie mense wou ook nie getoets word nie, omdat hulle bang was vir onredelike kwarantyn.
“Daar was een spesifieke sinnelose geval in Namibië. Nadat een persoon op Walvisbaai positief vir Covid-19 getoets is, was 26 verpleegsters veronderstel om onder kwarantyn geplaas te word. Maar wie sou dan die pasiënte versorg?” het hy gevra.
Terselfdertyd was daar dokters wat ‘vir geen rede toegesluit is.”
Intussen is Yeboah en die viroloog oortuig dat Walvisbaai die hoogtepunt van infeksies bereik het. Die viroloog beraam dat 70 persent van die gemeenskap in die informele nedersetting van Walvisbaai teen dié tyd met die virus in aanraking gekom het.
Yeboah het opgemerk dat die aantal ernstig siek mense op Walvisbaai laer is as wat dit drie weke terug was. Daar is ook aansienlik minder uiters siek mense as wat aanvanklik verwag is – daar was ook geen katastrofiese scenario soos in Maart in Italië nie. Daar is verskeie redes vir dit en Yeboah haal internasionale navorsingskundiges aan.
“Hulle glo die virus verswak oor ’n tydperk.”
Die rede is dat die virus ’n lewende gasheer benodig om te kan oorleef en dit streef daarna om doeltreffend te bly, daarom wil hy nie sy gasheer doodmaak nie.
“As ’n virus te effektief of te sterk word, sterf dit ook. Gevolglik is virusse geneig om swakker te word,” het hy gesê.
Die rede hoekom daar so min ernstig siek mens in Namibië is, kan van verskeie ander faktore afhang, het die viroloog gesê.
“Alhoewel daar baie min navorsing in ons eie bevolking gedoen is, is daar nuwe data beskikbaar oor hoekom sommige mense geen of min simptome het,” het sy gesê.
“Miskien is daar 'n vinnige immuunreaksie wat die virus oorwin, 'n bestaande kruisreaktiewe immuniteit van blootstelling aan ander coronavirusse, genetiese faktore, of ’n lae viruslading tydens infeksie. Dit kan ook 'n kombinasie van hierdie faktore wees waarom ons nie baie ernstig siek mense in Namibië sien nie,” het sy gesê.
"As ons net die meganisme kan verstaan hoekom sommige mense ernstig siek word en terselfdertyd beter terapeutiese alternatiewe ontwikkel, is ek seker dié pandemie sal binne vyf of ses maande iets van die verlede wees,” het Yeboah gesê.
Hy is positief dat ’n entstof teen Desember of in Januarie 2021 beskikbaar sal wees en verseker dat die entstowwe streng veiligheidsmaatreëls sal ondergaan.
“My grootste bekommernis is egter wanneer sal die entstof Afrika bereik. Dit blyk dat die Verenigde State van Amerika en Europa die entstof eerste sal kry.”
Tans is daar geen teenmiddel teen Covid-19 nie. Pasiënte ontvang ondersteunende behandeling wanneer hulle in hospitale opgeneem word. Wanneer ’n ?pasiënt se toestand kritiek raak, is kunsmatige ventilasie nodig.
“Ons kan nie meer doen nie, maar ons probeer ons bes,” het hy gesê.
Wat egter opvallend is van al die mense langs die kus wat ernstig siek was en kunsmatige ventilasie benodig het, was oorgewig of vetsugtig. Sommige van die pasiënte het ook hoë bloeddruk gehad of was diabete.
Is Covid-19 regtig gevaarlik?
“Ja, gesondheidswerkers is bekommerd,” het hy gesê en bygevoeg Covid-19 kan nie met gewone verkoue of griep vergelyk word nie.
“In Februarie en Maart is 600 gesondheidsorgwerkers in Engeland dood. Dit is nie normaal nie. Dit maak jou bang. Wat gesondheidswerkers bekommerd maak, is ons weet min van die siekte af, daar geen entstof beskikbaar is nie en ’n gesondheidstelsel wat onvoldoende is.”
Omtrent 80 persent van geïnfekteerde mense sal die siekte oorleef, terwyl 20 persent spesiale sorg nodig sal hê. Van dié 20 persent sal vyf persent “baie hulp benodig”.
“Ons verstaan nog nie heeltemal hoekom dit so is nie,” het Yeboah gesê.
Covid-19 kan ook tot baie komplikasies lei en selfs orgaanversaking veroorsaak. Dit kan ook tot langtermynkomplikasies soos beroertes, chroniese moegheid of orgaanbeskadiging lei. Dit is nie die geval met griep nie. Die Covid-19-virus is ook baie slim. Daar is baie gevalle waar mense herhaaldelik aangesteek is en dit is ook nie normaal nie.
Volgens Yeboah is die wêreldwye pandemie vir verskeie redes aangekondig, maar veral omdat die virus buitengewoon vinnig versprei.
“Virusse wat hulle gasheer vinnig doodmaak, veroorsaak ’n kort pandemie. Covid-19 is anders,” het hy gesê.
Hy noem in vergelyking die MERS-virus van 2012, wat ’n sterftesyfer van 40 persent gehad het en ’n “kort pandemie” veroorsaak het.
Die geveg in Namibië teen die Covid-19-pandemie is in baie aspekte uniek. Aan die een kant is die gesondheidstelsel onbevoeg om ’n pandemie te hanteer en ’n oorvloed inligting vanaf die media speel ’n groot rol.
“Maar ek kan julle verseker daar is geen bewyse dat die antimalariamiddel Hydroxychloroquine met die stryd teen die virus help nie,” het Yeboah gesê.
Hy wens dat die mediese professie in Namibië van die begin af groter teenwoordigheid getoon het - baie, baie foute sou nooit gebeur het nie.
“Ek glo die regering moet 'n risikobepaling doen en vinnige toetse gebruik om teenliggaampies in die bevolking te toets,” het die viroloog afgesluit.
Dit sal beteken dat daar baie vinnig bepaal kan word hoe hoog die infeksiekoers regtig is.
“Op die basis kan ons dan begin om die hoktyd te verlig. Ek glo die regte krisis is die behuisingsprobleem op Walvisbaai en in Windhoek wat dringend aandag benodig. Die omstandighede in die informele nedersettings is ’n broeiplek vir aansteeklike siektes wat soos ’n veldbrand versprei,” het sy gesê.
Ter afsluiting het Yeboah gesê sy grootste vrees is dat 100 mense kunsmatige asemhaling sal benodig en hulle nie gehelp kan word nie.
“Dit is waarvoor dokters almal bang is.”
Yeboah meen dat skole en kindergarten gesluit moet bly en groot byeenkomste nie moet plaasvind nie. Dit is sinvol om maskers te dra, want die primêre funksie daarvan is om ander mense teen jou te beskerm - omdat jy dalk ’n draer van die virus is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie