Prospekteerdery begin weer by Hope-, Gorob-myn
Eksplorasiewerk vir metale soos goud, silwer en koper in die beskermde Naukluft-gebied wek kommer.
Catherine Sasman
'n Geraamde N$10 miljoen tot N$20 miljoen sal aangewend word vir eksplorasiewerk vir metale en edelmetale in die Namib-Naukluft- Nasionale Park (NNNP), onderhewig aan 'n omgewingsklaringsertifikaat van die ministerie van die omgewing en toerisme (MET).
Hope Gorob Mining (Pty) Ltd, 'n filiaal van 'n ongelyste openbare Australiese maatskappy, Virgo Resources Limited, het opdrag vir 'n omgewingsimpakstudie, 'n omgewingsbestekopnameverslag en 'n omgewingsbestuurplan gegee vir 'n eksklusiewe prospekteringslisensie (EPL) 5796.
Virgo Resources, wat 'n 70%-aandeel in Hope Gorob Mining (Pty) Ltd het en die projek bestuur, het 'n vennootskap met die Namibiese maatskappy MKH Tangible Investments aangegaan. Mnr. Tango Kandjaba is 'n direkteur van die maatskappy.
Die besturende direkteur van Virgo Resources, dr. Quinton Hills, sê die Hope-Gorob-projek se doel is om met eksplorasiewerk te begin sodra 'n omgewingsklaringsertifikaat uitgereik word.
Hy kon nie aandui hoe lank die eksplorasiewerk sal duur nie, maar het gesê hulle hoop om reeds teen die middel van hierdie jaar te begin.
MKH Tangible Investments het aanvanklik 'n lisensie vir eksplorasie in Junie 2015 ontvang, maar dit het in Junie verlede jaar verval. Die lisensie is in Augustus verlede jaar hernu en is geldig tot September 2020.
Die Hope-Gorob-projek, wat geleë is by twee verlate myne in die NNNP, wil hoofsaaklik vir koper, goud en silver eksploreer.
Die omgewingskonsultant vir die projek, Alexandra Speiser van A. Speiser Environmental Consultants CC, het beklemtoon hierdie is nie 'n mynprojek nie.
“Tans word slegs meer eksplorasiewerk op die EPL-gebied beplan (nie mynbedrywighede nie). Die huidige omgewingsimpakstudie fokus slegs op verdere voorgestelde eksplorasiewerk,” het Speiser gesê.
Sy sê sou 'n lewensvatbare ertsliggaam vir toekomstige mynbedrywighede ontdek word, sal 'n algehele nuwe omgewingsimpakstudie uitgevoer moet word. 'n Aansoek om dit te myn, sal by die ministerie van myne en energie (MME) ingedien moet word en deur die MET goedgekeur moet word.
KOMMER OOR NAUKLUFT-PARK
Die feit dat die EPL binne die beskermde NNNP val en daartoe kan lei dat nuwe mynbedrywighede in die ongerepte gebied begin, het daartoe gelei dat mense kommer oor die toekoms van die nasionale park uitspreek.
Die park, die grootste wildpark in Afrika en die vierde grootste in die wêreld, is Namibië se grootste bewaringsgebied en een van sy voorste toerismebestemmings.
'n Mate van eksplorasiewerk en mynbedrywighede in die sensitiewe woestyngebied het egter reeds in die verlede plaasgevind.
In 2007, tydens die park se honderdste bestaansjaar, het die woestynnavorser dr. Mary Seely, van die Desert Research Foundation, geskryf die inheemse mense, waarskynlik die Topnaars, het koper van die Hope- en Gorob-myn in die laat 1800's en vroeë 1900's gemyn.
In die vroeë 1900's is koper van die Hope- en Gorob-myn gemyn.
Speiser het gesê die MME en MET het in 2018 'n nasionale beleid oor prospektering en mynbedywighede in beskermde gebiede ontwikkel en uitgereik.
Sy sê volgens die beleid kan daar in sekere gebiede nie eksplorasiewerk of mynbedrywighede uitgevoer word nie – dit sluit in die Etosha- Nasionale Park, asook die Waterbergplato- Nasionale Park.
Die beleid, het sy bygevoeg, stel voorvereistes op in beskermde gebiede, met spesifieke sones waar prospekteerdery en mynbedrywighede nie mag plaasvind nie.
“Die EPL (5796) val egter binne die Namib-Naukluft- Nasionale Park, maar dit val buite bogenoemde beskermde sones. Die omgewingsklaringsproses sal egter moontlike impak op die omgewing identifiseer en evalueer – en veral daarvan kennis neem dat dit in 'n park geleê is. 'n Omgewingsbestuursplan sal as die 'finale produk' van die proses ontwikkel word,” het Speiser gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie