Proteas-blits se ouers van hier
Krieket
Andrew Poolman – Een van die nuwelinge in Suid-Afrika se T20-krieketgroep vir die komende T20-reeks in Pakistan het noue bande met Namibië en spesifiek Walvisbaai.
Die 25-jarige linkerarm-snelbouler, Nandré Burger, se ouers het lank op die Namibiese hawedorp gewoon, voordat hulle na Krugersdorp verhuis het waar Nandré kort daarna gebore is.
Omdat Nandré se ouers André en Fernanda egter beide ook nie in Namibië gebore is nie en hy nou sy internasionale deurbraak vir die Proteas maak, is die skrale hoop dat hy dalk ooit 'n Namibiese Eagles-speler sou word waarskynlik vir goed daarmee heen.
Op Walvisbaai was mense soos die jarelange onderwysers Callie van Wyk en Willie van Zyl nietemin opgewonde dat hul jarelange vriende se seun sy droom verwesenlik.
Mnr. Callie van Wyk, rugby-afrigter van Walvisbaai Privaat Hoërskool (WBPHS), was tevore ook aan die Hoërskool Monument verbonde. Hy sê: “Nandré se pa André was 'n polisieman in Walvisbaai en sy broer Botha Burger het vir my rugby gespeel by Wesrand Harlequins en Eldoranians.
“Nandré was by Monnas in Krugersdorp op skool. Hy was nog klein toe ek by Monnas skoolgegee het. Ek het sy ouers goed geken.”
Mnr. Willie van Zyl van WBHPS onthou dat hy lank saam met die Burger-broers rugby gespeel het. “André was 'n vleuel wat vir Walvisbaai Hoërskool, die dorpspan en die streekspan Weste gespeel het. As lid van die SA polisiediens is hy in 1994 – met Suid-Afrika se oorhandiging van Walvisbaai aan Namibië – oorgeplaas en het hulle na Krugersdorp verhuis.
“Sy ma Fernanda is van die Portugese gemeenskap in Walvisbaai. Hul familie kom van Madeira en sy het op Walvisbaai grootgeword.
“Aan Fernanda se kant is nog niggies wat op Walvisbaai woon en ons het steeds oor en weer kuiers met vakansietye. Ons is groot pelle.”
Nandré Burger het die Suid-Afrikaanse A-span in Desember 2019 in 'n toerwedstryd teen Engeland in Benoni verteenwoordig.
Op provinsiale en franchise-vlak het hy ook onder meer Gauteng, die Titans en die Cape Cobras verteenwoordig en 'n bekendheid opgebou dat hy met sy aflewerings swaai deur die lug bewerkstellig.
• Heinrich Klaasen sal 'n onervare Protea-groep in die reeks van drie T20-wedstryde teen Pakistan aanvoer, skryf Tinus van Staden vir Netwerk24.
Krieket Suid-Afrika het Dinsdag die groep van 18 spelers aangekondig wat op 11, 13 en 14 Februarie in Lahore teen Pakistan sal kragte meet.
Die groep bevat vier spelers sonder internasionale ervaring – die kolwers Jacques Snyman en Ryan Rickleton en die boulers Okuhle Cele en Glenton Stuurman.
Slegs vier spelers wat tans saam met die toetsgroep in Pakistan is, Dwaine Pretorius, Tabraiz Shamsi, Lutho Sipamla en George Linde, sal agterbly vir die T20-reeks.
Die res van die toetsgroep sal ná die tweede toets, wat op 4 Februarie begin, terugkeer na Suid-Afrika om met hul kwarantynmaatreëls te begin voor die beplande tuistoetsreeks teen Australië. Die bepalings vir die reeks teen die Aussies is nog nie vasgestel nie.
• SA T20-groep: Heinrich Klaasen (k), Nandré Burger, Okuhle Cele, Junior Dala, Bjorn Fortuin, Reeza Hendricks, George Linde, Janneman Malan, David Miller, Andile Phehlukwayo, Dwaine Pretorius, Ryan Rickleton, Tabraiz Shamsi, Lutho Sipamla, Jon-Jon Smuts, Pite van Biljon, Glenton Stuurman, Jacques Snyman.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie