Proteas gereed vir toets met pienk bal
Krieket
Leighton Koopman
Die Suid-Afrikaanse krieketspan lyk oorgehaal vir vandeesweek se pienkbal-kriekettoets, die derde en laaste van hul reeks, teen Australië in Adelaide.
Die Proteas sal tevrede voel met hul voorbereiding met die pienk bal nadat hulle in Saterdag se oefenwedstryd heel skaflik met die bal en kolf teen ’n Victoria-elftal in Melbourne vertoon het.
Victoria is in die dag-aand eersterangse wedstryd vir 258 lopies uitgeboul, terwyl die Proteas in hul 50 boulbeurte bestendig gekolf het en tot 205/4 beperk is. Tabraiz Shamsi het veral met sy draaiballe beïndruk en die nuweling het sy kanse versterk om Donderdag ’n verrassende insluiting vir die derde toets te wees.
Hy het in 12 boulbeurte vier van Victoria se paaltjies platgetrek en 72 lopies afgestaan, terwyl die snelbouler Kagiso Rabada sommer vroeg in die beurt die Aussie-span onder druk geplaas het. Hy het met syfers van 3-37 gespog om by sy 12 paaltjies tot dusver in die toetsreeks te voeg.
Morné Morkel het uiteindelik ook die kans gekry om ’n paar beurte op toer af te stuur, maar hy kon nie hond haaraf maak nie en het in nege boulbeurte 42 lopies afgestaan sonder om ’n paaltjie in te oes.
JP Duminy (twee paaltjies) en Keshav Maharaj het die ander Victoria-paaltjies platgetrek met die Australiërs wat uiteindelik 258 in 50 boulbeurte aangeteken het.
Die Proteas se aanvangskolwers, Dean Elgar en Stephen Cook, het aanvanklik hul span se kolfbeurt bestendig begin voordat Cook sy paaltjie op 12 verloor het. Hy is in die agtste boulbeurt been voor paaltjie deur Jackson Coleman betrap nadat hy en Elgar 40 lopies om die eerste paaltjie gekry het.
Cook beleef ’n erge lopiedroogte en kon in sy drie kolfbeurte tot dusver in die toetsreeks slegs 35 lopies aanteken.
Hashim Amla het die Proteas se kolfbeurt geanker en ’n geduldige 81 lopies gekry nadat hy aanvanklik in die glippe ’n tweede kans gegun is toe ’n vangkans verbrou is. Hy sou egter tevrede wees met die tyd wat hy voor die penne deurgebring het, veral met die oog op Donderdag.
Amla en Temba Bavuma (33*) se vennootskap van 83 lopies onder die spreiligte was ’n waardevolle een vir die Proteas. Die kaptein, Faf du Plessis, kon slegs 12 lopies aanteken, maar dié kolfbeurt sou die minste van sy bekommernisse wees met ’n tugverhoor vir beweerde balpeutery wat soos ’n swaard oor sy kop hang. Indien hy voor Donderdag se toets verhoor word, is daar die moontlikheid dat hy die stryd kan misloop as hy geskors word.
Elgar het ook vroeg in die beurt uitgeblink en 40 lopies bygedra voordat hy uitgetree het om die ander kolwers tyd voor die paaltjies te gee.
Sleutelspelers soos Quinton de Kock en Vernon Philander is ’n blaaskans gegun vir die wedstryd.
Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie