Proteas korrel better in Olympia
Proteas korrel better in Olympia

Proteas korrel better in Olympia

Tielman vanlill
Suid-Afrika se Proteas het verlede week in Windhoek met mening die Namibiese Ope jukskeikampioenskap oorheers toe hulle agt van die nege afdelings ingepalm het.
Die toernooi wat verlede Maandag in Olympia afgeskop en tot Vrydag geduur het, is as vertoonstuk met toetse tussen Suid-Afrika en die gasheerspanne afgesluit.
Mnr. Gert Aggenbach, president van Namibië Jukskei, het aan Nampa vertel dat die plaaslike spelers sommer heelwat by sy ouboete uit die suide geleer het.
“Anders as ons wat oor ’n beperkte aantal lede beskik, het Suid-Afrika groot getalle spelers waaruit hy sy span kan saamstel. Die beperkte ledetal hier by ons maak dit uiters moeilik om ’n span met diepte in die veld te stoot om rekenskap van hulself te gee,” het die jukskeibaas vertel.
“Suid-Afrika beskik oor meer as 20 spelers per afdeling om uit te kies, terwyl ons dikwels net vier per kategorie het. Dit plaas nogal druk op die keurders, maar dit verhoed glad nie ons spelers om die Proteas aan te durf en kompeterend te wees nie. In die laaste paar jaar kon ons daarin slaag om hulle ’n slag of wat in die toetse te fnuik,” het Aggenbach gesê.
Net Namibië se o.19-meisies kon daarin slaag om hul Suid-Afrikaanse eweknie te klop.
Die uitslae van die die kampioenskap: Senior mans: RSA 13 Namibië 2. Senior vroue: RSA 8 Namibië 7. Mans o.30: RSA 8 Namibië 7. Vroue o.30: RSA 9.5 Namibië 5.5. Veterane mans: RSA 10 Namibië 5. Veterane vroue: RSA 8 Namibië 7. Seuns o.16: RSA 12 Namibië 3. Seuns o.19: RSA 10.5 Namibië 4.5. Meisies o.19: RSA 7 Namibië 8.
Die spelers wat Namibië verteenwoordig het:
Senior mans: Francois Boshoff (leier), Japie Dreyer, Francois Engelbrecht, Jurie Engelbrecht. Senior vroue: Ina Koch (leier), Ina Dreyer, Engela Nel, Anelda Coetzee. Mans bo 50: Piere van Zyl (leier), Francois Boshoff, Johan Viljoen, Chris Jacobs. Vroue bo 50: Ina Koch (leier), Engela Nel, Elize Duvenhage, Ina Louw. Mans o.30: Japie Dreyer (leier), Raymond van Zyl, Frikkie Cloete, Jurie Engelbrecht. Vroue o.30: Anelda Coetzee (leier), Julizma Alberts, Maria Duvenhage, Ina Dreyer. Seuns o.19: Derrick Strauss (leier), Corné Esterhuizen, Keith du Preez, Rudolf Horn. Meisies o.19: Julisma Alberts, Maria Duvenhage (leier), Zuretha Horn, René van Wyk. Seuns o.16: De Wet Strauss (leier), Jandré Esterhuizen, Armand Combrink, Willie Eiman. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!