Potemkin-bluf
Opposisiepolitici het by nuuskonferensies die afgelope dae oor die Russiese gronddebakel in kleurryke taal Namibiërs se skok en afsku verwoord.
Dié transaksie twee weke voor die grondberaad is in die gees van wat besluit is, verraad teenoor die mense van hierdie land.
Waarom het die regering nie oop kaarte gespeel en sy belange verklaar nie?
Die verswyging van hierdie transaksie het die integriteit van dié N$15 miljoen-indaba en die besluite wat geneem is, in 'n legitimiteitskrisis gedompel.
Namibiërs is moeg daarvoor dat regeringslui op hoë verhoë sy suksesse verkondig terwyl die verval en agteruitgang in dienste en dienslewering byna daagliks duideliker sigbaar word. Kort op die hakke van die Russiese vuishou, is daar gister tydens die halfjaar-begrotingsoorsig nóg sout in die wonde gevryf. N$1,8 miljard is uit die ontwikkelingsbegroting gesny om by wyse van spreke die water en ligte in die land aan te hou. Dit is laat in die dag as onderwys en gesondheid honderde miljoene uit sy begroting vir ontwikkelingsbehoeftes moet prysgee om verdediging se bedryfsbegroting met N$125 miljoen aan te vul. Hoe kan 'n regering vertrou word wat sy verdedigingsministerie vet voer ten koste van skole en hospitale vir sy mense?
Namibiërs is moeg vir versuikerde retoriek. Die regering kan die burgery net só lank 'n rat voor die oë draai deur spreekwoordelike “Potemkin-dorpies” van voorspoed aan hulle op te dis.
Swapo se karma kan hom met volgende jaar se verkiesing inhaal.
Netwerk24, 24 Oktober 2018
Ekonomiese werklikhede toe en nou
As Tito Mboweni vandag (gister) sy eerste mediumtermynbegrotingsraamwerk as minister van finansies aankondig, is dit in 'n heel ander wêreld – politiek én ekonomies – as wat hy 'n dekade of wat gelede verlaat het.
Suid-Afrika het gemik-mik na groeikoerse van sowat 5%, werkloosheid was heelwat laer en daar was 'n begrotingsoorskot. Staatskaping was toe nog net 'n vonkel in 'n Gupta se oog, die ANC was relatief stabiel en daar was nie 'n knaende keffer in die vorm van die EFF wat die ANC na populisties, maar ekonomies onrealistiese beleidsrigtings wou dwing nie. Nou sit Mboweni met 'n ekonomie wat krimp, 'n staatsmasjinerie wat voos gekaap is en 'n Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) wat 'n skadu is van sy eens trotse en internasionaal hoog aangeskrewe tegniese kundigheid.
• Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie