Protes teen donkieslagpale
Protes teen donkieslagpale

Protes teen donkieslagpale

Ondertekenaars sê die Okahandja-­munisipaliteit moet 'n projek heroorweeg wat omgewingskade, werkloosheid en honger­snood kan veroorsaak.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Minstens 718 plaaslike inwoners en buitelanders van Suid-Afrika, Tanzanië, Europese lande, die Ver­enigde Koninkryk, Suid-Korea, Amerika, Kanada, Nieu-Seeland, Australië, die Dominikaanse Repu­bliek, Israel, Afghanistan, Thailand, Irak, Brasilië en Peru het 'n aanlyn versoekskrif onderteken in protes teen die voor­gestelde donkieslagpale op Okahandja.

Die meerderheid ondertekenaars is Namibiërs.

Hoewel die dorp se burge­meester, mnr. Johannes Hindjou, die inisiatief deur die Chinese maat­skappy Agri-nature Investment Trade verwelkom, meen die ondertekenaars die munisipaliteit moet die projek heroorweeg.

“Hulle (die Chinese) neem ons mooi land en ons dorp oor. Ons moet hulle verhoed om ons wild en ons dorp te ruïneer,” het 'n inwoner en ondertekenaar van die versoek­skrif, mnr. Muller Theron, gesê.

Die ondertekenaars soek bewyse dat die munisipaliteit 'n advertensie vir die verkoop van erf 780 in Wesstraat geplaas het. Dit is waar Agri-nature Investment Trade beplan om die slagpale op te rig.

Die ondertekenaars sê daar is nooit 'n advertensie geplaas dat die betrokke erf aan 'n ander Chinese entiteit, Everlasting Iron Sheet Investment, verkoop is nie.

Eintlik is die erf aan die Chinese sakevrou Stina Wu se maatskappy, First Wall Property, verkoop.

Wu het vroeër gesê sy verhuur die gebou aan Agri-nature Investment Trade, maar het beklemtoon sy het niks te doen met die voorgestelde donkieslagpale nie.

Die ondertekenaars van die versoekskrif wil voorts bewyse sien van die goedkeuring van 'n abattoir-aansoek wat deur die direktoraat van veeartsenydienste in die ministerie van landbou, water en bosbou uitgereik is, as bewys van handelsbetrekkinge tussen China en Namibië in enige wildprodukte.

Hulle beweer dr. Jesse Kamwi van die direktoraat het bevestig daar is geen aansoek vir slagpale by sy kantoor nie.

Die ondertekenaars wil weet of 'n omgewingsimpakstudie gedoen is en eis om die uitslae daarvan te sien. Hulle wil ook weet of Namibiërs by die slagpale aangestel gaan word, en of die Chinese maatskappy sal hou by Namibië se arbeidswette.

Bowenal is die ondertekenaars bekommerd oor die hoeveelheid water wat 'n slagpale van hierdie aard gaan benodig. Hulle beweer dit neem ongeveer 2 500 l water om een donkie te slag. Dit sou 30 000 l water per dag beteken as die Chinese 120 donkies per dag slag.

Hulle wil ook weet hoe die beoogde projek ontslae gaan raak van gebruikte water en ander afvalmateriaal, en het hul kommer uitgespreek oor die moontlike besoedeling van ondergrondse waterbronne.

“Waar gaan die donkies vandaan kom?” wil hulle weet.

“Geen vleisproduk, lewend of dood, mag weens gesondheidsredes Namibië se grense oorsteek nie. Die meeste donkies is in die streke en mag nie lewend verby sekere punte vervoer word nie. Kan jy jouself voorstel plase moet gesluit word weens 'n siekte wat deur donkies oorgedra is? Dit sal chaos, hongersnood en werkloosheid veroorsaak.”

Tanja Bause berig dat die Outjo-munisipaliteit Maandag op 'n raadsvergadering die aansoek van Fu Hai Trading Enterprises­ CC om donkieslagpale op dié dorp oop te maak, sou bespreek. Dit het nie gebeur nie.

“Ons het nie oor die slagpale gepraat nie en sal dit by 'n spesiale raadsvergadering op 'n latere datum bespreek. Ons het egter nog nie op 'n datum besluit nie,” het die hoof uitvoerende beampte van die Outjo-munisipaliteit, mnr. Joseph Urib, gesê.

Daar is om en by 2 000 handtekeninge in 'n versoekskrif teen die oopmaak van die slagpale wat deur die Outjo Community Committee (OCC) by die munisipaliteit ingedien is.

Die raad het in Februarie 'n stuk grond aan die maatskappy toegeken.

“Ons het die grond toegeken, maar ons wag nog op goedkeuring van die regering, veeartsenydienste en 'n omgewingsimpakstudie wat hulle aan ons moet verskaf. Ons wag ook nog op 'n volledige sakeplan,” het Urib in Februarie gesê.

Intussen het Fu Hai Trading Enterprises 'n sakeplan ingedien wat meer vrae as antwoorde laat, onder meer oor afvalbestuur nadat die diere geslag is. Dié kwessie word nie in die sakeplan aangeroer nie. Die besigheid het ook nog geen aansoek vir die uitvoer van die donkievleis, velle of ander produkte ingedien nie.

Kommentaar

Republikein 2024-10-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 3 vs 2 Tottenham Hotspur | Chelsea 1 vs 1 Nottingham Forest | Aston Villa 0 vs 0 Manchester United | Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Sociedad 1 vs 1 Atletico Madrid | Sevilla 1 vs 0 Real Betis | Deportivo Alaves 0 vs 3 Barcelona | Girona 2 vs 1 Athletic Club | Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca SerieA: Fiorentina 2 vs 1 AC Milan | Monza 1 vs 1 AS Roma | SS Lazio 2 vs 1 Empoli | Bologna 0 vs 0 Parma | Juventus 1 vs 1 Cagliari | Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 1 Cardiff City | West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End English Championship: Bristol City 1 vs 1 Cardiff City | West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 36° Rundu: 17° | 38° Eenhana: 19° | 38° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 19° | 37° Tsumeb: 21° | 35° Otjiwarongo: 17° | 34° Omaruru: 18° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 20° | 33° Henties Bay: 13° | 19° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:38, High tide: 06:00, Low Tide: 00:09, High tide: 18:07 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:36, High tide: 05:58, Low Tide: 00:07, High tide: 18:05 Walvis Bay: 13° | 20° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:36, High tide: 05:57, Low Tide: 00:07, High tide: 18:04 Rehoboth: 17° | 33° Mariental: 21° | 35° Keetmanshoop: 21° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 20° | 37° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 23° | 24° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 13° | 28° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 26° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 18° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 22° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 16° | 27° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 18° | 32° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 22.81 | EUR to NAD 19.16 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.45 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.17 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.6 | USD to AOA 905 | USD to BWP 13.24 | USD to EGP 48.55 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.45 | USD to ZMW 26.44 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1870.53 Up +0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14156.87 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31819.16 Up +0.31% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 648.58/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.43/lb DOWN -0.0235 | Zinc US$ 3 116.30/T DOWN -2.38% | Brent Crude Oil US$ 79.96/BBP DOWN -0.0206 | Platinum US$ 968.15/OZ DOWN -0.0028 Sport results: Premier League: Brighton 3 vs 2 Tottenham Hotspur | Chelsea 1 vs 1 Nottingham Forest | Aston Villa 0 vs 0 Manchester United | Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Sociedad 1 vs 1 Atletico Madrid | Sevilla 1 vs 0 Real Betis | Deportivo Alaves 0 vs 3 Barcelona | Girona 2 vs 1 Athletic Club | Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca SerieA: Fiorentina 2 vs 1 AC Milan | Monza 1 vs 1 AS Roma | SS Lazio 2 vs 1 Empoli | Bologna 0 vs 0 Parma | Juventus 1 vs 1 Cagliari | Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 1 Cardiff City | West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End English Championship: Bristol City 1 vs 1 Cardiff City | West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 36° Rundu: 17° | 38° Eenhana: 19° | 38° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 19° | 37° Tsumeb: 21° | 35° Otjiwarongo: 17° | 34° Omaruru: 18° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 20° | 33° Henties Bay: 13° | 19° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:38, High tide: 06:00, Low Tide: 00:09, High tide: 18:07 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:36, High tide: 05:58, Low Tide: 00:07, High tide: 18:05 Walvis Bay: 13° | 20° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:36, High tide: 05:57, Low Tide: 00:07, High tide: 18:04 Rehoboth: 17° | 33° Mariental: 21° | 35° Keetmanshoop: 21° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 20° | 37° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 23° | 24° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 13° | 28° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 26° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 18° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 22° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 16° | 27° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 18° | 32° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.81 | EUR to NAD 19.16 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.45 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.17 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.6 | USD to AOA 905 | USD to BWP 13.24 | USD to EGP 48.55 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.45 | USD to ZMW 26.44 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1870.53 Up +0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14156.87 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31819.16 Up +0.31% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 648.58/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.43/lb DOWN -0.0235 | Zinc US$ 3 116.30/T DOWN -2.38% | Brent Crude Oil US$ 79.96/BBP DOWN -0.0206 | Platinum US$ 968.15/OZ DOWN -0.0028