Prowealth-beleggers, SGA skik voor verhoor
Ronelle Rademeyer – Die lang verwagte verhoor van die 87 beleggers wat miljoene verloor het in wyle mnr. Riaan Potgieter se vermeende Ponzi-skema, het met Prowealth Asset Managers se destydse ouditeurs, Swart Grant Angula (SGA), geskik.
Die beteken die eis gaan net teen Namfisa as die waghondliggaam vir finansiële instellings voort.
Die eisers en SGA het ooreengekom dat laasgenoemde N$4 miljoen betaal, sonder die erkenning van aanspreeklikheid.
Dit blyk uit die gewysigde eisbesonderhede van mnr. Alwyn van Straten, likwidateur van Prowealth Asset Management, en die 87 beleggers dat die eisbedrag gewysig is en nie meer sowat N$104 miljoen beloop soos toe die saak in 2012 aanhangig gemaak is nie. Hulle eis nou nagenoeg N$58,6 miljoen.
Prowealth Asset Management is op 1 Augustus 2003 by Namfisa geregistreer en Potgieter is as die maatskappy se enigste portefeuljebestuurder goedgekeur. Hy was die enigste direkteur en aandeelhouer.
Die maatskappy was veronderstel om behoorlike rekenkundige en ander rekords by te hou wat die inkomste, uitgawes en beleggings akkuraat weerspieël het, sê die eisers.
“Dit is juis die feit dat die maatskappy aan al die nodige vereistes ingevolge wetgewing moes voldoen en Namfisa die toesighouer was, dat die publiek die vertroue gehad het om hul geld daar te belê,” lui die stukke.
Namfisa ontken in sy pleitstukke dat sy magte en verligtinge as waghondliggaam vir beleggers die gerusstelling van ’n risikovrye belegging in Prowealth Asset Management kon bied.
Die verhoor voor regter Herman Oosthuizen, in die nuwe handelshof-afdeling van die hoërhof, duur voort. Dit is tot 19 November op die hofrol.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie