Prys van olie bly val
Prys van olie bly val

Prys van olie bly val

Die groot rede hoekom die olieprys wêreldwyd tans so laag verhandel, is omdat daar veral geen lugverkeer is nie.
Elvira Wood





Amerikaanse oliepryse het Maandag vir die eerste keer tot nog toe tot minder as US$0 per vat gedaal.

Die prys van West Texas Intermediate (WTI) het in ’n stadium tot -US$40,32 per vat gedaal vir termynkontrakte in Mei.

Bloomberg berig dat dit vroeg Dinsdagoggend weer tot sowat US$1 per vat herstel het.

Jameel Ahmad, hoof van marknavorsing by FXTM, sê Dinsdagoggend in 'n nota, dat dit belangrik is om te onthou dat die enorme daling was vir WTI-termynkontrakte wat nou in Mei tot 'n einde kom. Die prys van WTI vir kontrakte in Junie, is steeds sowat US$20 per vat.

Ahmad sê wat die historiese ineenstorting van olie wel wys, is dat daar 'n enorme ooraanbod van olie op wêreldmarkte is weens die Covid-19-Pandemie. Hy sê olieprodusente gaan waarskynlik geen keuse hê as om dringend olieproduksie in te perk nie.

Hoewel Suid-Afrika nié WTI koop nie, maar Brent-ruolie, het dié prys ook Maandag deurgeloop.

Verhandeling het 10,38% laer vir die dag op US$25,38 gesluit.

Vroeg Dinsdagoggend het dit nog onveranderd verhandel.

Die groot rede hoekom die olieprys wêreldwyd tans so laag verhandel, is omdat daar veral geen lugverkeer is nie.

STAAT VAN INPERKING

Talle lande het wêreldwyd ’n staat van inperking weens die Covid-19-pandemie ingestel. Baie van dié lande se lugruimtes is gesluit.

Buiten vir die gebrek aan lugvervoer, gebruik baie mense ook nie tans hul motors of ander tipes van vervoer nie.

In Suid-Afrika het die aanvraag na brandstof gedurende die staat van inperking só gedaal, dat drie raffinaderye tans gesluit is. Die eienaars sê die lae aanvraag regverdig bloot nie om dié aanlegte in bedryf te hou nie.

Die steeds laer oliepryse beteken egter goeie nuus vir Suid-Afrikaanse motoriste wat in Junie ’n daling van bykans R2 per liter vir petrol, en meer as R1 per liter vir diesel kan verwag as die huidige markfaktore konstant bly.

Die rand wat teen die dollar verswak, kan egter die syfers nog beduiwel aangesien Suid-Afrikaanse olieraffinaderye hul ruolie in dollar moet aankoop.

Die jongste gemiddelde oorverhaling op petrol was van 27 Maart tot Vrydag R1,77 op petrol en R1,20 op diesel.

Suid-Afrikaanse raffinaderye koop meestal ruolie aan van lidlande van die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul).

VERWAGTE VERLAGING

Hoewel Opul ’n week gelede gesê het dat sy lede olieproduksie gaan inperk om die prys te ondersteun, het dit glad nie die gewenste uitwerking gehad nie.

In Suid-Afrika kos 95-oktaan petrol nou minder as R14 per liter, in Gauteng op R13,96 per liter, en aan die kus kos dit R13,26 per liter. Dit is nadat dit op 1 April met tussen R1,88 en R1,94 per liter verlaag is. Petrol is nou die goedkoopste sedert Maart 2018, en kos sowat 13% minder as ’n jaar gelede. Mei se verwagte verlaging kan pryse afbring na die vlak van Julie 2017.

Die lae internasionale oliepryse is egter glad nie goeie nuus vir die petrochemiese reus, Sasol, nie.

Sasol se aandele het Maandag 3,45% laer teen R55,61 op die JSE gesluit.

Sasol vervaardig plaaslik brandstof uit steenkool en aardgas van Mosambiek, maar die prys daarvoor word gegrond op internasionale oliepryse en is onderhewig aan die rand-dollar-wisselkoers.

Sy verdienste korreleer dus met die dollarprys van olie.

Fleetwood Grobler het voorheen gesê dat Sasol wél sy brandstofverkope verskans het teen US$38 per vat. Dit beteken al daal die prys van ruolie onder dié vlak, verdien hy steeds dié bedrag. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!