Prys van spek skiet die hoogte in
Prys van spek skiet die hoogte in

Prys van spek skiet die hoogte in

Hanlie Stadler – Banting of nie banting nie, as jy jou beursie wil spaar, moet jy maar wegbly van spek, een van die stapelvoedsels van dié hoëvetdieet.

Spek het die afgelope jaar ’n allemintige 16,3% duurder geword, volgens inligting wat Statistieke Suid-Afrika bekend gemaak het. Dis die skerpste styging van enige soort vleisproduk.

’n Pakkie spek gaan jou nou meer as R30 uit die sak jaag (sien kassie).

Wat kos spek?

· Pick n Pay-naam rugspek: R31,99 per 200 g (R160 per kilogram)

· Eskort-skouerspek by Pick n Pay: R34,99 per 200 g (R180 per kilogram)

· Woolworths-rugspek: R38,99 per 250 g (R160 per kilogram)

· Woolworths-skouerspek: R44,99 per 250 g (R180 per kilogram)

Die pryse is soos op 11 Junie aanlyn aangegee. Shoprite en Checkers gee nie spekpryse aanlyn aan nie.

Biltong en wors het ook duurder geword, maar darem met net 1,8% en 1,3% onderskeidelik.

Die styging in biltong en wors is dus aansienlik minder as die 2,3% waarmee die hele mandjie kos en drinkgoed wat SSA meet, duurder geword het. Die syfers vergelyk pryse in April 2018 met April 2019.

Die algemene inflasiekoers van alle goedere en dienste was in April 4,4%.

Vleis as kategorie het 1,2% goedkoper geword. Daarvan was die skerpste daling vir stowebeesvleis, wat jou 5,4% minder kos as ’n jaar gelede. Selfs biefstuk was gemiddeld ’n watertandsyfer van 4,8% goedkoper.

Verskeie ander kossoorte het baie vinniger as die algemene kosprysinflasie van 2,3% duurder geword.

· Groente was 10,1% duurder as ’n jaar gelede;

· Vrugte 6,4%;

· Brood en graanprodukte 6,1%;

· Vis 4,9%; en

· Lekkers en poedings 5,2%. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!