Pryse by binnelandse sake styg
Augetto Graig – Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit het 'n prysverhoging vir burgerlike registrasie, identiteitsbestuur, burgerskap, immigrasie en vlugtelingbestuursdienste geldig sedert afgelope Maandag aangekondig.
Geboorte-, huwelik- en doodsertifikate bly steeds gratis, maar afdrukke kos N$100 vir die eerste, N$200 vir die tweede, tot op N$500 vir die vyfde, en N$500 per afdruk daarna. Identiteitskaarte word aanvanklik verniet toegeken, maar kos elke keer meer om dit te vervang, vanaf N$150 vir die eerste, tot N$750 vir die vyfde of meer heruitreikings.
Om as burger te registreer op grond van afkoms sal voortaan N$500 kos; om 'n afdruk van dié sertifikaat te verkry is N$500; pryse vir naturalisasiesertifikates is aangepas tot N$1 200 elk, terwyl afskrifte nou N$500 sal kos.
Volgens die verklaring moet daar vir sekuriteitsmaatreëls op paspoorte, visums en permitte voorsiening gemaak word, wat die aankoopprys opstoot.
Die uitvoerende direkteur van die ministerie, mnr. Etienne Maritz, het terselfdertyd aangekondig nuwe paspoorte sal voortaan uit 47 bladsye bestaan teenoor die huidige 32 bladsye, en sal vir tien jaar geldig wees. Die nuwe identiteitskaarte sal 'n masjien-leesbare oppervlak hê en sal ook 'n QR-kode bevat, sê hy.
Die nuwe prys vir 'n visum by aankoms is nou N$1 200, terwyl 'n 90 dag-besoekersvisum nou N$600 kos - net vir lande wat nie kwytgeskeld is van die bepaling, soos Suid-Afrika. Korttermyn-werksvisums kos N$1 100; 'n werkspermit vir 'n jaar N$2 600; en tydelike verblyfpermitte N$1 600.
Die koste vir 'n studiepermit vir 'n skolier beloop N$1 600 per jaar en universiteitstudent moet nou N$2 200 per jaar opdok.
'n Permanente verblyfpermit sal aansoekers N$20 000 uit die sak jaag. Visums vir terugkerende houers van permanente verblyfpermitte is voortaan gratis.
Om vir 'n identiteitsertifikaat aansoek te doen, sal N$1 600 kos, en om beswaar teen aansoekbesluite aan te teken, sal 'n bykomende N$200 per beswaar kos. Die diens was voorheen gratis. In terme van reisdokumente sal noodreissertifikate N$300 elk kos. Tydelike “bruin” paspoortboekies kos nou N$400 en N$600 om dit te vervang as die boekie verlore raak.
Namibiese paspoortboekies en paspoortboekies vir vlugtelinge sal voortaan N$400 elk kos, of N$800 om 'n verlore een te vervang.
Amptelike paspoortboekies en diplomatieke paspoorte sal jou ook N$800 uit die sak jaag om te vervang. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie