Pryse van amptelike dokumente styg
Pryse van amptelike dokumente styg

Pryse van amptelike dokumente styg

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Diegene wat vir ‘n permanente verblyfpermit in Namibië aansoek doen, sal binnekort N$18 000 moet opdok – sowat N$5 830 meer as wat dit tans kos.

Aansoeke vir alle ander amptelike dokumente gaan ook duurder kos.

Dít volg nadat die kabinet op 21 November tydens sy 20ste sitting prysverhogings goedgekeur het vir alle dokumente wat deur die ministerie van binnelandse sake en immigrasie uitgereik word.

Die adjunkminister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Tjikero Tweya, het gister tydens ‘n nuuskonferensie gesê die bedrae wat tans vir dié dokumente betaal word, is jare laas aangepas. Hy het gesê die nuwe pryse sal binnekort in die Staatskoerant gepubliseer word, waarna dit van krag sal wees.

Kommentaar

Republikein 2025-04-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer