Pryse van suiwel hou steeds aan styg
Die onlangse styging in suiwelprodukpryse is voortgesit op die jongste GlobalDairyTrade-veiling in Februarie waar pryse gemiddeld 5,9% hoër was as in Januarie en 11% hoër as in Desember, sê dr. Koos Coetzee, ekonoom van die Melkprodusente-organisasie (MPO).
Sedert Maart 2016 het pryse met 67% gestyg, skryf Coetzee in die MPO se nuusbrief Melkbulletin.
Alle pryse was hoër, met skerp stygings in die prys van karringmelkpoeier (8,4%), botter (7,9%), volroom-melkpoeier (7,6%) en afgeroomde melkpoeier (7,2%).
Die hoër pryse is hoofsaaklik toe te skryf aan die Nieu-Seelandse suiwelkoöperasie Fonterra se aankondiging dat hy voorraad aan die GlobalDairyTrade-veilings gaan verminder, aangesien die land ’n droogte het, skryf Coetzee.
In ’n radio-onderhoud het Coetzee gesê sedert middel 2017 het graanpryse gedaal en produsentepryse gestyg.
Suid-Afrika se melkverbruik per capita in 2016 was 28,6 liter, teenoor Ierland – die land met die hoogste verbruik – met 125 liter. Suid-Afrikaners se verbruik van kaas en botter was onderskeidelik 1,9 kg en 0,5 kg per capita. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie