Prysmonster looi alle verbruikers in die Suide

Algehele voedselinflasie in die streek in Julie was meer as dubbel die koers van 'n jaar gelede.
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy



Verbruikers in baie dele van die land geniet 'n welkome blaaskans van die prysmonster, maar sy kloue is steeds diep in die Suide ingeslaan.

Namibië se algehele inflasiekoers in Julie was 3,6% – die laagste sedert April verlede jaar. Keetmanshoop en Mariental se syfer was 5,1% – die hoogste tot dusver vanjaar.

Die Namibië Statistiekagentskap (NSA) groepeer Keetmanshoop en Mariental saam met Swakopmund en Gobabis in 'n sone waar inflasie gemeet word. Daar is nog twee sones: Windhoek, asook Katima Mulilo, Osha­kati en Otjiwarongo.

Windhoek se inflasiekoers in Julie was 3%, terwyl dié van Katima Mulilo, Oshakati en Otjiwarongo 3,3% was.

Algehele voedselinflasie in die Suide in Julie was 6,6% – effe laer as die 6,7% van die vorige maand, maar meer as dubbel die 3% van 'n jaar gelede. Algehele voedselinflasie in Namibië in die maand onder oorsig was 3,7%.

Voedsel is die derde swaarste item in die Suide se verbruikersmandjie. Uit elke N$100 in Suide-inwoners se beursie, word N$14,70 hieraan bestee.



SWAARGEWIG

Die swaargewig in die verbruikersmandjie is behuising, water en krag.

Dit slurp N$25,50 uit elke N$100 op.

Die Suide se inflasie vir behuising, water en krag in Julie was 3,2% vergeleke met 2,9% die vorige maand en 6,9% in Julie 2018. Die land se algehele koers was 2,2%.

Vervoer weeg die tweede swaarste in die verbruikersmandjie met N$15,60 uit elke N$100 wat hiervoor aangewend word. Die Suide se koers in Julie was 8,1% - op van 7,7% in Junie, maar effe laer as die 8,9% in Julie 2018.

Namibië se algehele vervoerinflasie in die maand onder oorsig was 6,9%.

Alkohol en tabak dra die vierde swaarste gewig in die mandjie. In die Suide word N$14,30 uit elke N$100 hierop uitgegee. Alkohol en tabak se koers in dié streek in Julie was 7,5%. Die vorige maand was dit 7,7% en 'n jaar gelede was die koers 7,4%.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!