Psemas: 25 verskaffers se betalings teruggehou
Psemas: 25 verskaffers se betalings teruggehou

Psemas: 25 verskaffers se betalings teruggehou

Die nuwe kontrak tussen die staat se mediese fonds en diensverskaffers behoort teen 1 April uit die blokke te wees.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Die uitbetalings deur die staat se mediese fonds, Psemas, aan sowat 25 diensverskaffers in die gesondheidsbedryf word teruggehou tot ondersoeke deur die fonds se administrateur, Methealth, en die ministerie van finansies afgehandel is.

Die ministerie het verlede jaar 'n komitee, bestaande uit diensverskaffers in die bedryf, aangestel om te help om “onvanpaste” Psemas-eise en ook uitskieters te identifiseer.

Die uitslag van die proses is aan Methealth vir verdere bevestiging gestuur, terwyl sommige van die gevalle forensies geoudit sal word.



'voortdurende proses'

Die minister van finansies het met verwysing na “bedrieglike aktiwiteite” deur sommige diensverskaffers gesê sowat N$20 miljoen is reeds verhaal.

Volgens mnr. Calle Schlettwein is die begroting vir Psemas vir die 2018-'19 finansiële jaar N$2,8 miljard.

Schlettwein het tydens 'n bespreking by die Namibiese Mediese Vereniging (NMS) se tak op Ongwediva beklemtoon die vernuwing by die mediese fonds is 'n voortdurende proses.

Buiten die nuwe kontrak wat teen 31 Maart deur diensverskaffers onderteken moet word, het die kantoor van die eerste minister ook 'n tydelike eenheid geskep. Dié eenheid is volgens die minister verantwoordelik vir die “totale oorsig en ontleding” van die huidige bestuurstruktuur en oorsigtelike verantwoordelikheid van die skema, sowel as die evaluering van voordele.

In dié verband is 'n konsultant vir ses maande aangestel om die projek te bestuur.

Schlettwein het voorts verwys na 'n “dilemma” rondom die uitreik van individuele praktyknommers deur die Vereniging vir Namibiese Mediese Fondse (Namaf) aan verantwoordelike aptekers, biokinetici, oogartse en patoloë.

As tydelike maatreël sê Schlettwein kan Psemas-kontrakte wél aan bogenoemde beroepslui verskaf word sonder die individuele praktyknommers vir onder meer die verantwoordelike apteker.

Dit is indien dit van die eienaar van die praktyk verskil en met dien verstande dat elke praktyk 'n verantwoordelike persoon in die aansoekvorm vir elke kontrak geïdentifiseer het, en alle ander relevante dokumente ingedien is.

Nog 'n klippie in die Psemas-skoen is diensver­skaffers wat volgens die minister nie na vore kom om die kontrak te teken nie.

“Gewoonlik wag hulle tot op die laaste minuut, wat nie goeie praktyk is nie, omdat die ministerie nie in staat sal wees om die aansoeke te hanteer nie.”

Schlettwein het voorts verwys na kaartbedrog waar lede van die publiek die lidmaatskapkaarte van Psemas-lede gebruik om toegang tot mediese dienste te verseker. Biometriese kaarte gaan nou ingestel word.

Oor die bestuur van eise en betalings het hy gesê die huidige omkeertyd vir die verwerking van eise vanaf die datum van ontvangs deur Methealth is 14 dae.

Tot en met die betaallopie van 11 Februarie vanjaar is 'n totale bedrag van N$4,28 miljard in eise uitbetaal. Die res word verwerk en sal in Maart uitbetaal word.

“Sommige betaallopies sal vir Maart en enige opgeloopte skuld vroeg in April vanjaar betaal word.”

'n Duidelike lys van vereiste dokumente moet 'n aansoek nou vergesel.

Dit sluit volgens Schlettwein sertifikate van die ontvanger van inkomste in om te bewys dat hul belastingsake in orde is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!