Psemas-kontrak (weer) verleng
Psemas-kontrak (weer) verleng

Psemas-kontrak (weer) verleng

Sowat 'n duisend gesondheidsdiensverskaffers het verlede jaar 'n hersiene kontrak met die staat se mediese fonds onderteken.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die ministerie van finansies het die bestaande kontrak tussen gesondheidsdiensverskaffers en die staat se mediese fonds (Psemas) tot 30 Maart aanstaande jaar verleng.

Dié kontrak sou môre verstryk het.

Volgens die uitvoerende direkteur van finansies, me. Ericah Shafudah, is die ministerie tans besig om die huidige kontrak te hersien, wat op 1 Mei verlede jaar in werking getree het.

Volgens Shafudah behoort dié proses teen 30 Maart aanstaande jaar voltooi te wees.

Altesaam 1 087 diensverskaffers het die hersiene kontrak met Psemas op 1 Mei verlede jaar geteken.

Die hersiening van die ou kontrak is genoodsaak weens misbruike en skuiwergate tot nadeel van die mediese fonds.

Van die knelpunte in die hersiene kontrak was onder meer dat ’n professionele persoon (byvoorbeeld ’n dokter) sowel as die geriewe (spreekkamer) waar hy praktiseer ’n praktyknommer moet hê.

’n Ander bekommernis was dat die Vereniging vir Namibiese Mediese Fondse (Namaf) nie die magdom aansoekvorms vir registrasie, wat uit tot 25 bladsye bestaan, sal kan verwerk nie.

Om vir Psemas te registreer, moet diensverskaffers 'n stapel dokumente van onder meer die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA), Namaf, die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC), die Ontvanger van Inkomste (RoR) en die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) verskaf.

Byna 80% van respondente wat verlede jaar aan ‘n opname onder private diensverskaffers deelgeneem het, het die registrasieproses as omslagtig beskryf.

Sowat 38% van die respondente het die NMRC spesifiek as uiters onbehulpsaam uitgesonder wat die verkryging van die vereiste dokumente betref.

Dit word gevolg deur die MoHSS (33%), Namaf (29%), RoR (29%) en die SSC (22%). Die meeste respondente beskou die HPCNA as die doeltreffendste wat die proses betref.

Shafudah het in ‘n brief gedateer 23 April 2019, wat aan mnr. Florian Amulungu, die uitvoerende hoof van Methealth, Psemas se administrateur, gerig is, gevra alle gesondheidsverskaffers wat tans ‘n geldige kontrak met Psemas het se kontrakte moet met 11 maande verleng word – van 1 Mei vanjaar tot 30 Maart 2020.

Shafudah het vroeër tydens ‘n vergadering met rolspelers en verskaffers gesê die pak van nóg skuiwergate vir bedrog sal in aanstaande jaar se kontrak ingewerk word.

Een van die huidige swakpunte is volgens haar die gebrek aan ‘n klousule vir diskwalifisering.

Dit beteken enige verskaffer wat vroeër vir bedrog ondersoek is of daaraan skuldig bevind is, kan weer 'n ooreenkoms met Psemas aangaan.

Die verlenging van die huidige kontrak sluit ook diensverskaffers uit waarvan die kontrak opgeskort of beëindig is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!