Psemas-kontrak wéér verleng
Gesondheid
Die kontrak tussen diensverskaffers en die staat se mediese fonds (Psemas) is weer met ’n jaar uitgestel, die keer tot 31 Maart aanstaande jaar.
Verskaffers wat tans ’n kontrak met Psemas het, moet vir die nuutste verlenging van een jaar verskeie dokumente voor 15 Maart by die ministerie van finansies inhandig.
Dit sluit in ’n bewys van registrasie by die Vereniging vir Namibiese Mediese Fondse (Namaf) en wel die praktyk- sowel as individuele Namaf-nommer; bewys van registrasie by die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA); bewys van registrasie by die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste as gesondheidsinstelling, sowel as ’n werkspermit of identiteitsdokument. Die nuwe aansoek moet ook vergesel wees van ’n sertifikaat wat goeie stand by die ontvanger van inkomste bevestig.
Bogenoemde dokumente kan per e-pos gestuur word aan mnr. David Simson by [email protected] of me. Bernadine van Rooi by [email protected].
Vir navrae kan me. Elizabeth Kharuchas, ook per e-pos by [email protected] gekontak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie