Psemas-lede trek aan kortste end met nuwe kontrak
Die nuwe kontrak tussen die staat se mediese fonds (Psemas) en diensverskaffers beperk praktisyns tot een praktyk.
Henriette Lamprecht – Verskaffers van gesondheidsdienste met satellietpraktyke moet teen vandag besluit watter een word by die staat se mediese fonds (Psemas) ingekontrakteer en watter een moet hul noodgedwonge sluit. Paragraaf 3:10 van die gewysigde Psemas-kontrak met diensverskaffers bepaal waar ’n diensverskaffer verskeie praktyke onder sy of haar naam het, goedkeuring slegs tot een praktyk beperk word.
Die moontlike sluiting van praktyke, veral op die platteland, hou verreikende gevolge vir veral Psemas-lede in wat die grootste persentasie pasiënte is wat die praktyke besoek.
Die Namibiese Praktisynsforum (NPPF) het by monde van mnr. Eben de Klerk dit as ’n doelbewuste weiering deur Psemas van gesondheidsdienste aan sy lede beskryf.
Volgens die NPPF is verskeie versoeke aan die kantoor van die eerste minister sowel as Psemas vir konsultasie voor die implementering gerig, maar dit is “geïgnoreer”.
Volgens De Klerk is permanente praktyke vir gesondheidsdienste nie volhoubaar in die meeste klein dorpies in die land nie. Die enigste manier waarop verskaffers van gesondheidsdienste hul dienste na dié dorpe kan uitbrei, is deur middel van satelliet-praktyke.
“’n Beperking op verskaffers met verskeie praktyke is nie net sonder enige basis en onlogies nie, maar ook ’n blatante, doelbewuste weiering deur Psemas van gesondheidsdienste aan plattelandse pasiënte. Miskien het Psemas so ’n obskure roete geneem om kostes van sy lede te beperk,” sê De Klerk.
Die NPPF het in versoeke aan me. Elizabeth Kharuchas, adjunkdirekteur in die mediesefondsafdeling in die ministerie van finansies, gevra dat die praktiese implikasies van 3.10 verwyder word.
Kharuchas het Republikein se navrae na die ministerie se skakelwese departement verwys wat etlike dae later nie daarop gereageer het nie. Vrae wat aan haar gerig is, sluit in die motivering vir die klousule en of die gewysigde kontrak wat vroeër weer vir twee maande tot 31 Mei uitgestel is vir die ministerie om die wysigingsproses te finaliseer, uiteindelik sy finale vorm bereik het.
Die Namibiese Tandheelkundige Vereniging (NDA) het by monde van sy president, dr. Maren Thomas, beaam Psemas-lede in veral kleiner dorpe en landelike gebiede gaan met beperkte toegang tot private gesondheidsdienste die swaarste getref word.
“Dit gaan teen maatreëls wat deur die Vereniging vir Namibiese Mediese Fondse (Namaf) in plek gestel is om bedrieglike eise hok te slaan deur elke praktisyn en fasiliteit ’n praktyknommer te gee. Dit stel owerhede in staat om eisprosesse van elke praktisyn en fasiliteit in die land te volg, sê Thomas.
Die regering gaan gevolglik diensverskaffers dwing om bedrieglik op te tree as praktisyns uitreik na pasiënte in kleiner gemeenskappe in die platteland en eis vir werk wat in ander gebiede buiten hul primêre fasiliteit verrig is.
Pasiënte in kleiner dorpe sal ook noodgedwonge meer moet opdok vir vervoer en verblyf om praktisyns nou in sy of haar primêre praktyk te besoek.
Bykomende reiskoste vir lang afstande en ’n gebrek aan chroniese medikasie by staatshospitale word deur ’n dokter uitgesonder wat ’n praktyk op Otjiwarongo en ook Khorixas het. Volgens die dokter het hy ’n satellietpraktyk op Khorixas oopgemaak om pasiënte tegemoet te kom wat van daar na Otjiwarongo vir besoeke moet reis. Die praktyk op Khorixas is elke Maandag en Donderdag oop en word buiten die dokter ook deur ’n geregistreerde verpleegster en een maal per maand deur ’n dieetkundige besoek.
Tussen 50 tot 80 meestal Psemas-pasiënte besoek die praktyk per dag waarvan die helfte vir akute en chroniese toestande is en die ander helfte om hul maandelikse chroniese medikasie af te haal.
Die naaste dokter en apteek is op Outjo (135 km) wat N$180 vir ’n rit per taxi kos.
“Met ’n gemiddeld van N$180 vir ’n taxi sal 130 pasiënte N$23 400 per week moet uithaal om die naaste dokter of apteker te sien as die praktyk moet toemaak,” sê die dokter.
Die praktyk het ook ’n diabeteskliniek met meer as 145 pasiënte waarvan 36 op nuwe generasie insulien is wat nie by die staatshospitaal op die dorp beskikbaar is nie. Ook is mondelingse medikasie, toetsstrokies en glukosetoetsmasjiene volgens die dokter nie by die hospitaal beskikbaar nie. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie