Psemas: Meer betaal of minder eis
JURIE VILJOEN SKRYF:
Dit is baie bemoedigend dat die agbare minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, hom bemoei met die Psemas-sage. U tree in belang van al die lede op en ons wil u bedank vir u standpunt.
Hierdie is egter ’n baie wye probleem waarvoor daar nie ’n permanente oplossing is nie, tensy daar drastiese maatreëls getref word.
Ons as lede betaal eintlik die minimum as jy dit vergelyk met wat mense wat nie daaraan behoort nie moet betaal.
Een van die belangrikste maatreëls is of die maandelikse bydrae van lede verhoog moet word, maar meer belangrik dat daar duidelik bepaal word wie die afhanklikes van lede is. Dit is een van die moeilikste probleme om te hanteer. Dit is ’n feit dat sommige mense wyer eis as sy onmiddellike afhanklikes.
Die oplossing? Ek weet nie. Kulture verskil en sommige kan ’n duidelike lyn trek tussen die hooflid en die afhanklikes.
Vir baie is dit dalk ’n gerieflike skuiwergat, maar as ons werklik in nasionale belang wil optree, sal elkeen sensitief moet oordeel oor wie mag eis en wie nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie