'Psemas moet verander'
Die minister sê die staat se mediese fonds se toekenning van N$3 miljard aan slegs 12,5% van die bevolking ondersteun ongelykheid.
Die werkswyse van die staat se mediese fonds (Psemas) moet aangespreek word sodat toeganklike en bekostigbare gesondheidsdienste vir die meerderheid Namibiërs 'n werklikheid kan word.
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, behels Psemas se toekenning van N$3 miljard aan slegs 12,5% van die Namibiese bevolking die ondersteuning van ongelykheid.
Haufiku was aan die woord tydens die plaaslike vieringe van Wêreldgesondheidsdag.
"Ons gaan voort om ongelykheid te bevorder as ons steeds N$3 miljard in openbare fondse aan minder as 300 000 Namibiërs toeken.
“Uit die 300 000 is dit slegs 124 000 wat skamele finansiële bydraes deur middel van maandelikse premies van 'n gemiddeld van N$250 per lid betaal.
“Dít terwyl die res van die bevolking dit moeilik vind om vir hul mediese sorg en behandeling te betaal," het Haufiku gesê.
Volgens die minister kan 'n situasie waarin byna 70% van die bevolking afhanklik is van die N$6,5 miljard wat aan die ministerie vir gesondheidsdienste toegeken is, nie voortduur terwyl 'n skamele 12% voordeel trek uit 'n "yslike N$3 miljard" deur Psemas nie.
"Dit is tyd dat ons Psemas verander om dit meer betekenisvol te maak."
Ook moet Psemas meer realisties wees wanneer die fonds premies van sy lede verhaal, sê hy.
"'n Minister of direkteur moet meer as 'n skoonmaker of 'n drywer betaal."
Haufiku het voorts verwys na die vestiging van 'n nasionale gesondheidsfonds waarvan 'n bloudruk na bewering reeds aan die Maatskaplike Voorsorgfonds (SCC) oorhandig is.
"'n Onafhanklike fonds, goed bestuur deur beroepslui en wat verantwoordbaar is, gaan ons ver bring in ons soeke na universele gesondheidsdekking."
Volgens hom sal 'n nasionale gesondheidsfonds die sentrale finansieringsagentskap vir gesondheid in Namibië wees.
"'n Sterk, soliede, goed toegeruste nasionale mediese fonds wat elkeen in Namibië dien, hetsy hulle werk of nie werk nie, verseker is of nie verseker is nie, ryk of arm is, oud of jonk is."
Haufiku het egter beklemtoon universele gesondheidsdekking het nie ten doel om bestaande mediese fondse of private hospitale te vernietig nie.
"Dit sal toegang tot goeie gehalte gesondheidsorg in Namibië versterk en die basis vir die bevolking ten goede verbreed, eerder as net vir 'n paar lede van die samelewing."
Wêreldgesondheidsdag is 'n wêreldwye bewusmakingsdag wat jaarliks op 7 April onder die borgskap van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) en ander verwante organisasies gevier word.
Namibië se vieringe is ook deur die waarnemende permanente sekretaris in die ministerie, me. Petronella Masabane, die goewerneur van die Khomasstreek, me. Laura McLeod-Katjirua, die Verenigde Nasies (VN) se verteenwoordiger in Namibië, me. Kiki Gbeho, sowel as sowat 300 gemeenskapslede bygewoon. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie