Psemas: ‘Pensioenarisse nie geskrap’
Henriette Lamprecht
Pensioenarisse sal deur die regering se pensioenfonds (GIPF) ingelig word wanneer om te herregistreer vir die staat se mediese fonds (Psemas).
Volgens die ministerie van finansies se woordvoerder, mnr. Tonateni Shidhudhu, word pensioenarisse nie tans deur die herregistrasieproses vir alle lede en hul afhanklikes geraak nie. Die proses vorm deel van die hervorming van die mediese fonds om volgens te verseker Psemas het die “regte en akkurate” inligting van alle begunstigdes.
“Hulle (pensioenarisse) se tyd is nie nou nie. Hulle sal laat weet word wanneer dit hul tyd is om die vereiste dokumente in te dien,” het Shidhudhu gesê.
Hy het gerugte ontken dat pensioenarisse van die fonds geskrap gaan word.
“Daar blyk onduidelikheid te wees onder pensioenarisse, met inligting wat sirkuleer dat hulle van die fonds geskrap sal word. Dié inligting is glad nie waar nie,” het hy gesê.
Shidhudhu het verduidelik die enigste pensioenarisse wat versoek is om GIPF-state vir die ministerie te bring, is dié wat hul ledegeld kontant betaal.
Volgens hom is tydens die verifiëringsproses wat in 2018 uitgevoer is, vasgestel dat sommige pensioenarisse maandeliks kontant of elektronies vir hul lidmaatskap betaal. Dit is volgens Shidhudhu ’n oortreding van die staatsdienspersoneelreël.
“Dié lede is vervolgens verlede jaar versoek om briewe van aftrede en GIPF-state in te dien,” het hy verduidelik.
Daar is vasgestel die meeste van dié mense is afgetrede regeringsamptenare wie se status onwettig op die stelsel na pensioenaris verander is, voormalige afgetrede regeringspersoneel is wat gekies het om die hele pensioenvoordeel te onttrek en sodoende die Psemas-voordeel verbeur het of buite die grense van Namibië en Suid-Afrika woon.
“Dié segment het niks te doen met die herregistrasieproses wat tans onderweg is nie.”
Volgens hom volg die proses ’n fase-benadering wat beteken net sekere regeringskantore en -agentskappe word tydens ’n sekere tydperk genader, terwyl die res in ’n latere stadium gekontak sal word.
Shidhudhu het ’n beroep op Psemas-begunstigdes gedoen om nie die ministerie in dié verband te nader nie, maar eerder te wag vir kommunikasie van hul kantore vir menslike hulpbronne. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie