Psemas skrap 15 000 lede
Die ministerie van finansies moet teen 24 September reageer op navrae van die kantoor van die ombudsman nadat pensioenarisse summier van die staat se mediese fonds verwyder is.
Henriette Lamprecht – Die kantoor van die ombudsman het 'n ondersoek van stapel gestuur nadat verskeie pensioenarisse voorheen verbonde aan die staatsdiens moes uitvind hulle is summier van die staat se mediese fonds (Psemas) geskrap.
Volgens die ombudsman, adv. John Walters, het die ondersoek gevolg ná navrae in dié verband by sy kantoor aangemeld is. Walters sê die verslag is nou vir kommentaar na die waarnemende uitvoerende direkteur van finansies gestuur wat voor 24 September daarop moet reageer. Die verslag en bevindinge sal daarna bekend gemaak word.
Republikein het verskeie navrae van pensioenarisse ontvang wat met die gebruiklike maandelikse afhaal van chroniese medikasie ingelig is hulle is nie meer deel van die mediese fonds nie.
Volgens een van die pensioenarisse is sy en haar man “summier” van die fonds verwyder.
“Ek moes vandag my maandelikse chroniese medikasie gaan haal, maar is meegedeel dat beide ek en my man van die fonds verwyder is. Volgens die apteker is daar baie lede met dieselfde probleem.”
Sy het gevolglik verskeie nommers by die mediese fonds geskakel, maar geen antwoord gekry nie.
“Hoe moet ek nou aangaan sonder my chroniese medikasie? My bydrae vir die medies word outomaties van my salaris afgetrek, dit is dus betaal. Waar kan ons hulp kry as hul nie hul telefone antwoord nie?”
Volgens die ministerie van finansies is meer as 15 000 mense sedert 3 September van die mediese fonds afgehaal. Die ministerie het by monde van sy woordvoerder, mnr. Tonateni Shidhudhu, gesê 'n verifiëringsprojek vir lidmaatskap van die fonds het vasgestel 15 162 afgetrede personeellede dra nie tot die fonds by nie en het ook nie weer met hul aftrede heraansoek gedoen om as lede van die fonds aan te bly nie. Dit ten spyte van die feit dat hulle sedert hul aftrede ten volle uit die mediese fonds voordeel getrek het.
Shidhudhu verwys na personeelreëls vir staatsdiensamptenare en 'n klousule wat betrekking het op pensioenarisse wat deel van die skema is. Hiervolgens moet die betrokke persoon aansoek doen op die voorgeskrewe aansoekvorm vir lidmaatskap van Psemas by die ministerie van finansies.
Dit moet binne 90 dae vanaf die datum van aftrede geskied. Sou dit nie binne die voorgeskrewe tydperk gebeur nie, sal die persoon sy regte verbeur om deel van die fonds te bly.
Met verwysing na die opskorting en beëindiging van lidmaatskap word 'n lid se lidmaatskap opgeskort as die persoon se maandelikse premies drie maande agterstallig is, óf indien enige gelde verskuldig nie binne 'n maand van 'n kennisgewing in dié verband betaal is nie.
Volgens die ondersoek het 'n gedeelte van die geraakte afgetredenes hulle volle pensioenvoordele onttrek.
“Dit is 'n vereiste dat bydraes vir Psemas maandeliks van pensioenvoordele afgetrek word,” het Shidhudhu gesê.
In lyn met die bogenoemde personeelreëls en die bevindinge van die verifiëringsprojek is besluit om die mediese fonds van die geraakte lede op 3 September te beëindig.
Hy het beklemtoon alle regeringspersoneel word met hul aftrede en deur 'n aftredingsbrief ingelig dat hulle binne 90 dae moet aansoek doen as hulle steeds met Psemas wil voortgaan. Volgens hom het die ministerie van finansies deur die regering se pensioenfonds (GIPF) ook openbare inligtingsveldtogte vir afgetredenes in dié verband van stapel gestuur.
“Ons is tans in gesprek met sleutelrolspelers om te sien of daar enige moontlikheid is om af te wyk van die personeelreëls.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie