Psemas-tender uitgestel
'n Tegniese komitee is aangestel om die standaardtenderdokument te evalueer.
Henriette Lamprecht – Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) het 'n tegniese komitee saamgestel om die kriteria in die standaardtenderdokument, om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, te evalueer.
Volgens klagtes teen die tender was dit is op so 'n manier opgestel om alle potensiële deelnemers buiten die huidige houer uit te sluit. Die tender word reeds vir etlike jare deur Methealth Namibia Administrators bestuur.
Volgens die CPBN se woordvoerder, me. Johanna Kambala, het die raad die tender op 4 Junie vanjaar namens die ministerie van finansies uitgereik. Die tender is as 'n oop, nasionale tender in lyn met regulasies van die wet op openbare verkryging geadverteer en is oop vir “alle Namibiërs en entiteite”.
Kambala sê versoeke vir sekere verduidelikings is van verskeie bieërs oor die tender ontvang. Volgens sekere regulasies van die wet het bieërs die geleentheid om vir duidelikheid oor 'n bepaalde regulasie in die tenderdokument te vra.
In ooreenstemming met die betrokke regulasie het die CPBN volgens Kambala skriftelik op die versoeke gereageer.
“Die CPBN is 'n groot ondersteuner van 'n regverdige en deursigtige verkrygingsproses. Ná oorweging van die duidelikheid wat deur bieërs gesoek is, is op 9 Julie besluit om 'n tegniese komitee aan te stel om die kriteria vir die tender te evalueer,” sê Kambala.
Die sluitingsdatum vir die tender is gevolglik tot 24 Augustus uitgestel.
Op 'n vraag watter van die bepalings van die tender verander is, indien wel, om alle mediese fondse in die land te akkommodeer om te tender, het sy gesê dit berus op die aanstelling van 'n tegniese komitee om die kriteria in die tenderdokument te evalueer.
“Dit sal slegs bepaal word wanneer die tegniese komitee die tenderdokumente evalueer en hul voorstelle aan die raad vir goedkeuring en implementering voorgelê het. Bieërs wat aan die bieproses deelneem, sal dienooreenkomstig ingelig word van enige wysigings, indien enige.”
SPESIFIKASIES
Prosperity Health het vroeër by monde van sy direkteur, mnr. Bertus Struwig, gesê dit wil voorkom asof die bepalings van die tender so opgestel is dat dit alle potensiële deelnemers buiten Methealth uitsluit.
Die tenderdokument het onder meer vereis die bieër moes in die laaste vyf jaar mediese fondse die helfte die grootte van Psemas (143 000 begunstigdes of meer) bestuur het.
Volgens Struwig sal dit van enige Namibiese administrateur, buiten Methealth, vereis om 'n markaandeel van meer as 70% van die private mark (nie Psemas) vir administratiewe mediese fondse te besit.
Hy het voorgestel tenderspesifikasies word gewysig en die aantal begunstigdes wat in dié vereiste ingesluit word, verminder tot 50 000 begunstigdes wat 'n kwart van die huidige mark is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie