Psemas-tender val
Psemas-tender val

Psemas-tender val

Van 'n gebrek aan identifikasie en registrasiedokumente tot gesamentlike ondernemings word as redes voorgehou waarom die tender vir die administrasie van die staat se mediese fonds gekanselleer is.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Al ses aanbiedings vir die tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, is af­gekeur en gediskwa­lifiseer.

Geen oorweging is ook gevolglik geskenk aan enige van die bieërs se dokumente ter stawing van administratiewe en tegniese vereistes of werkskapitaal en finansiële ­inligting nie.

Die tender sal nou weer geadverteer moet word, nadat tender­­­ver­eistes aanvanklik gewysig en dit van die eerste sluitingsdatum op 4 Junie na 23 September verleng is.

Die rede vir die kansellasie van die ses aanbiedings word deur die ­Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) gegee dat dit “nie gehoor gegee het aan tendervereistes” (non-responsive) en gevolglik gediskwalifiseer is.

Van die bieërs was in gesamentlike ondernemings met ander maatskappye wat volgens die CPBN se kwalifi­kasievereistes nie toegelaat word nie, terwyl van dié met ­maatskappye in die buiteland waaronder Zimbabwe en Botswana was wat ook nie ­toelaatbaar is nie.

Integrated Wellness Solution (Pty) Ltd wie se bod N$420 miljoen was, het as gesamentlike onderneming met Vivat Health Solutions (Pty) Ltd (Zimbabwiese aandeelhouer met 20% aandele) 'n bod ingedien.

Die maatskappy het egter onder meer nie 'n goedkeuringsertifikaat vir belasting en maatskaplike voor­sorg of 'n dokument vir regstellende aksie ingedien nie. Daar was ook geen bewys van registrasie by die Raad vir Gesondheidsberoepe (HPCNA) vir die apteker, tandarts, dokter of ­spesialiste nie.



VOLDOEN NIE AAN VEREISTES

Maungo Consultancy cc t/a Gomed (N$2,2 miljard, BTW uitgesluit) is ook skuldig aan dié vorm van 'n gesament­like onderneming, terwyl die verskillende aandeelhouers onder meer nie die sertifikate vir die registrasie van die maatskappy en aandeelhouers, goedkeuringsertifikaat vir regstellende aksie, belasting of maatskaplike voorsorg voorgelê het nie.

NamHealth Pty) Ltd. se bod was N$299 miljoen en is 'n gesament­like onderneming tussen Prosper­ity Afrika Holdings (Pty) Ltd. en ­Prosperity Health Namibia wat onderskeidelik 50% en 20% aandele besit. Volgens 'n dokument van die CPBN besit Donor Investment (Pty) Ltd., Kalahari Holdings Pty Ltd. en die ­Nasionale Jeugdiens 10% elk van die onderneming. Die maatskappy het ook nie onder meer registrasiedokumente van die maatskappy, sowel as begunstigdes en burgerskap van die trusts ingedien nie.

Keyplot Investments (Pty) Ltd. (N$140 miljoen) word 100% deur die United Africa Group besit en het volgens die CPBN geen registrasie­dokumente van die maatskappy of Namibiese identiteitsdokumente vir die United Africa Group se aandeelhouers ingedien nie.

Amalgamated Fund Administrator (N$537 miljoen) het 40% aandeelhouding van Associated Fund Administrators Botswana (Pty) Ltd. en ook hier is geen bewyse van die apteker, tandarts, dokter of spesialiste se ­registrasie by die HPCNA ­ingedien nie.

Prime Health Namibia (Pty) Ltd. wat Psemas se huidige administrateur Methealth Namibia Administrators besit, se bod was N$356 miljoen.

Die maatskappy word onder meer besit deur die Namibiese ­Nasionale Onderwysersunie (9%), Namibian Cultural and Tourism Village management company (Pty) Ltd (7%), Trading Enterprise cc (1%), Tulongeni Trading Enterprise cc (15%), Zebra Holdings (Pty) Ltd (5%), Mavimu cc (15%), Dyno Health Investments (Pty) Ltd. (4,67%), Effort Investment Holdings (Pty) Ltd (4,67%), Interface Investment Holdings (Pty) Ltd. (3%), Juventas Enterprises (Pty) Ltd, Kalahari Holdings (4,67%) en Namibia Mineworkers Investment Company (Pty) Ltd (4,67%).

Ook hier is geen Namibiese identiteits- en registrasiedokumente of sertifikate van aandeelhouers ingedien nie.

Volgens die CPBN moet die tender weer geadverteer word. Navrae aan die CPBN oor onder meer wanneer dit gaan wees en of Methealth steeds in die tussentyd Psemas sal administreer, is teen druktyd nie beantwoord nie.– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!