PSG Wealth en Kiddie Sport span saam
PSG Wealth en Kiddie Sport span saam

PSG Wealth en Kiddie Sport span saam

Kindersport
Die jaarlikse vertonings deur Kiddie Sport word komende Vrydag en ­Saterdag by die Wanderers binnenshuise hokkiebaan aangebied.

Kiddie Sport word reeds vir 27 jaar bedryf as 'n program om kinders van voorskool tot graad 3 aan verskillende balsporte bekend te stel.

Vir die eerste keer het PSG Wealth as hoofborg met N$40 000 toegetree.

Die program sluit feitlik alle skole in Windhoek in, en Outjo en Stamp­riet neem ook deel.

Kinders se koördinasie, balans en reflekse word met die program ontwikkel deur hulle te leer om 30 ver­skillende ­apparate vir balsporte soos tennis, hokkie, krieket, sokker en gholf te gebruik.

Kiddie Sport het vanjaar 1 400 registrasies ontvang.

Dit wys hoe gewild die konsep onder ouers geword het.

Instrukteurs werk met groepies van ses of sewe kinders op 'n slag, wat vir elkeen individuele aandag moontlik maak.

Kinders met uitstaande potensiaal in enige sportkode kan op 'n vroeë ouderdom raakgesien word, sodat professionele afrigting aanbeveel kan word.

Die voormalige tennisster Amanda van Dyk en haar span afrigters nooi die publiek om die vertonings by te woon en eerstehands te sien waaroor die Kiddie Sport-program gaan.

Gedurende Vrydagmiddag (17:15 tot 19:30) en Saterdag (07:30 tot 15:00) is die meer as 40 deelnemende skole in sessies van een uur elk vir hul ­vertonings ingedeel.

Vir navrae kan Amanda van Dyk, die koördineerder van Kiddie Sport, by 081 124 4385 gekontak word.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer