Psigiater onskuldig, staat teken appèl aan
Die psigiater wat na bewering een van sy pasiënte verkrag het, is onskuldig bevind ná 'n twee jaar lange verhoor.
Kristien Kruger – Die staat het 'n appèlaansoek by die hoërhof in Windhoek ingedien teen die onskuldigbevinding van die psigiater wat daarvan beskuldig word dat hy in 2015 'n vrou in sy spreekkamer op Swakopmund bedwelm en verkrag het.
Die partye het gister by die hof vergader en die verhoor is vir 19 November geskeduleer.
Regter Eileen Rakow het beslis die staat het nie genoeg bewyse voor die hof gebring om mnr. Pieter van der Westhuizen skuldig te bevind nie.
Van der Westhuizen het tereg gestaan op vyf aanklagte – drie vir verkragting, een vir onsedelike aanranding en vir poging tot moord omdat hy 'n getroude vrou en ma van twee kinders na bewering 'n oordosis medikasie gegee het voordat hy haar verkrag het.
Volgens die hofstukke het Van der Westhuizen na bewering aan die vrou 'n oordosis Ritalin-, Valium- en Ativan-tablette gegee. Die slagoffer is glo ook alkohol ingegee.
Die klag van onsedelike aanranding hou verband met Van der Westhuizen wat na bewering homself aan die slagoffer ontbloot het.
Volgens die hofstukke het die drie klagte van verkragting betrekking op Van der Westhuizen wat na bewering die slagoffer se vagina met sy vinger gepenetreer, sy penis in haar mond en later in haar vagina gesit het.
Van der Westhuizen het in 'n lang pleitverklaring beweer die vrou het “'n valse herinnering” gekry as gevolg van 'n vorige ervaring van seksuele mishandeling in haar kinderjare, gekombineer met die effek van medikasie wat sy voor en tydens haar besoek aan sy spreekkamer ingeneem het.
Hy het beweer hy het erektiele disfunksie ten tyde van die beweerde voorval gehad en kon sedert ongeveer 2010 nie seksuele omgang hê nie. Die voorval het op 7 November 2015 plaasgevind.
ONSKULDIGBEVINDING
Rakow het in haar uitspraak gesê daar is geen konkrete bewyse van die dosisse wat Van der Westhuizen die slagoffer ingegee het nie en daarom kan dit nie vasgestel word of dit dodelik was nie.
Op die aanklagte van verkragting en onsedelike aanranding, het Rakow opgemerk, volgens twee psigiaters wat tydens die verhoor getuig het, was dit moontlik dat die klaer 'n valse herinnering van die gebeure kon hê.
Sy het verder opgemerk dat volgens die mening van 'n uroloog wat ook tydens die verhoor getuig het, het Van der Westhuizen in 2015 erektiele disfunksie gehad en dit was daarom onmoontlik vir hom om omgang te hê ten tyde van die beweerde voorval.
'nOG 'n SLAGOFFER'
Die staat wou gedurende die verhoor 'n getuienis roep wat beweer Van der Westhuizen het haar ook verkrag, maar die verdediging het beswaar daarteen gemaak.
Die staat het gesê hulle wou die getuie roep om Van der Westhuizen se bewering dat hy aan erektiele disfunksie gely het, onder die loep bring. Sy beweer hy het haar in 2015 verkrag.
Rakow het bevind die staat kon nie bewys die beskuldigde sou nie deur haar getuienis onbillik benadeel word nie en het beslis die staat kon nie die getuie roep nie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie