Psigiese gesondheid in dorp se gevangenis kry aandag
Psigiese gesondheid in dorp se gevangenis kry aandag

Psigiese gesondheid in dorp se gevangenis kry aandag

Helené Bam
Twintig lede van Gobabis se korrektiewe dienste het onlangs ’n week­lange kursus oor psigiese gesondheid onder gevangenes voltooi.
Die kursus, wat sowat N$260 000 gekos het, is deur die Britse Hoë Kommissariaat, Namibië se ministerie van korrektiewe dienste en die Verenigde Koninkryk (VK) se College of Policing aangebied.
Volgens mnr. Hans-Christiaan Mahnke, woordvoerder van die Britse Hoë Kommissariaat in Namibië, is dit “uiters belangrik om na die psigiese welstand van gevangenes om te sien”.
Die noue samewerking tussen polisiebeamptes, maatskaplike werkers, psigiaters en sielkundiges om die psigiese gesondheid van gevangenes te verseker, is gedurende die kursus beklemtoon. Die regte van gevangenes met psigiese probleme en die stappe wat geneem moet word om gevangenes op ’n veilige manier tot bedaring te bring, was ook in die kollig.
Volgens Mahnke laat die kursus korrektiewe dienste beamptes toe om met meer kennis en empatie teenoor gevangenes wat psigiese probleme het, op te tree.
Insp. Michael Brown van die College of Policing het as een van die kursus se fasiliteerders opgetree. Die Royal College of Psychiatry in die VK het Brown in Junie met die President’s Medal vereer vir sy bydrae tot die psigiatriese gesondheid van lede van die polisiediens en gevangenes.
“Ek is baie trots dat die hegte bande tussen die VK se College of Policing en Namibië se korrektiewe dienste die kursus moontlik gemaak het,” het Mahnke by die amp­telike opening van die kursus gesê.
Die Menseregte Kommissie van die Verenigde Nasies dring daarop aan dat alle gevangenisse ’n mediese beampte, wat psigiese probleme kan ­diagnoseer en behan­deling mag voorskryf, moet hê.
– Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!