Publiek kan help om misdaad te bekamp
Die Namibiese polisie se departement van gemeenskapsake het verlede Donderdag met ander veiligheidsmagte saamgespan om die gemeenskap van die Hakahana- informele nedersetting toe te spreek en in te lig oor misdaadvoorkoming, Covid-19-regulasies, geslagsgeweld (GBV) en verskeie ander maatskaplike kwessies.
Dié inisiatief vorm deel van die polisie se gemeenskapsuitreikprogram waar hulle weekliks soortgelyke praatjies by verskillende plekke in die Khomasstreek aanbied.
Nampol het inwoners van die informele nedersetting Eehambo dha Nehale oor verskeie misdaadverwante kwessies gewaarsku. Die waarskuwings het ingesluit om nie items by enige iemand te koop sonder die nodige dokumentasie nie, aangesien dit gesteelde eiendom kan wees.
Die kwessie van vals profete wat nuwe kerke stig om gemeenskappe finansieel uit te buit deur te beweer hulle kan mense genees of hul probleme oplos, is ook bespreek.
Alkohol- en dwelmmisbruik wat tot geslagsgeweld en moord kan lei, is ook 'n ernstige maatskaplike kwessie wat dringend getakel moet word.
Die gemeenskap het hul kommer uitgespreek oor die gebrek aan elektrisiteit en dat diefstal in die gebied hoogty vier.
Gemeenskapslede is aangemoedig om saam met die polisie te werk om misdaad te beveg. Die polisie het 'n dringende beroep op die publiek gedoen om hulself te mobiliseer en forums soos buurtwagte op die been te bring om hulle te help om misdaad hok te slaan.
Nampol het die gemeenskap en lede van die informele nedersettings aangemoedig om met inligting na vore te kom en enige misdaad in hul gebied deur die regte kanale, soos die beskikbare tolvrye nommers of by die naaste polisiekantoor, aan te meld.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie