Publiek ontsteld oor president se kavalkade
Jemima Beukes – Politieke ontleders meen die gedrag van die presidensiële kavalkade moet onder die loep geneem word om te verseker 'n onskuldige mens se lewe word nooit weer geëis nie.
Dít volg nadat 'n motorfietsryer, wat onderweg was om by president Hage Geingob se kavalkade aan te sluit, Maandag 'n voetganger op die westelike verbypad doodgery het.
Die presidensiële sekretaris het die voorval bevestig en bygevoeg die polisie is tans besig om 'n verslag saam te stel wat die voorval uiteensit.
“Een persoon is deur 'n motorfiets raakgery wat deel van die presidensiële kavalkade uitmaak, maar die presidensiële kavalkade was nie self daar nie. Die president was tussen Okahandja en Otjiwarongo tydens die voorval. Die bestuurder was op pad om sy posisie in te neem,” het hy gesê.
Intussen het die politieke ontleder mnr. Ndumba Kamwanyah gesê hoewel dit duidelik is dat dít wat gebeur het nie opsetlik was nie, moet die “oordrewe” gedrag van die presidensiële motorstoet hersien word.
'HOEKOM SPOEDGRENS BREEK?'
“Ek dink dit was net 'n ongeluk, maar ek weet nie wat die protokol binne die departement is as dit by die ander padgebruikers kom nie.
“Ek voel altyd hulle doen dit op 'n baie oordrewe manier. Ons is nie in 'n oorlog nie, ons is 'n vreedsame land. Waarom kan hulle nie hierdie roekelose gedrag vermy as hulle ry nie?” het hy gevra.
Mnr. Graham Hopwood, 'n ander politieke ontleder, het bygevoeg dat hierdie gedrag op geen manier geregverdig kan word nie. Hy sê hy kan nie verstaan waarom die kavalkade nie binne die land se spoedgrense kan bly nie.
“As jy op Namibië se paaie begin jaag, verhoog jy die risiko vir motorongelukke. As hulle die spoedgrense gehoorsaam, sal dit beslis baie veiliger vir die voetgangers en die passasiers (BBP's) in die voertuie wees,” het hy gesê.
– [email protected]
FOTO
Dr. Ndumba Kamwanyah. Foto Unam

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie