Publiek vereis planne, datums
Publiek vereis planne, datums

Publiek vereis planne, datums

Dani Booysen
As die nuwe minister van gesondheid en maatskaplike dienste het dr. Kalumbi Shangula waarskynlik een van die grootste en moeilikste take in die kabinet – om openbare gesondheidsorg te verbeter.

Verlede week het die minister Republikein persoonlik te woord gestaan. Die geleentheid word waardeer.

Met respek aan die kort tydjie wat Shangula in die warm stoel sit, stem Republikein saam met sy lesers dat sekere vrae met meer besonderhede en teikendatums beantwoord kon word.

Soos ander ministers sal Shangula in vandag se begroting ‘n aanduiding kry in watter mate hy heersende probleme kan pak, byvoorbeeld ‘n tekort aan personeel. Eerder as net genoeg personeel, is die regte mense natuurlik ook vir die regte take nodig.

Ondanks inligting tot die teendeel – soos vandag weer op die SMS-blad – skryf die minister enige tekorte aan medisyne aan swak beplanning en ‘n “baie ingewikkelde logistieke stelsel” toe. Hoekom dan nie die stelsel hervorm nie?

Staatsamptenare wat die ware feite ken, moet nie meer bang wees om anoniem uit die huis te praat nie.

Oor wanneer leerlingdokters internskappe sal ontvang, kan daar nie net vae aanduidings soos “uiteindelik” wees nie. Dieselfde geld die indiensneming van 600 oorblywende gemeenskapsgesondheidswerkers. Planne en skedules moet ook bestaan vir die oprigting van ‘n bykomende staatshospitaal in Windhoek, die registrasie van bykomende opleidingshospitale en ander ingrypings.

Vaagheid boesem ongelukkig nie vertroue in nie.

So sê ander

26 Maart 2019

The Guardian view on the Mueller report: release it in full

Only Donald Trump could describe as “Total EXONERATION” the findings of a two-year investigation by special counsel Robert Mueller that says it “does not exonerate” the US president.

Facts matter little to Mr Trump. He prefers to trade in conspiracy theories where evidence does not drive the wider public’s beliefs.

Whether it is all good news for Mr Trump can only be assessed when Mr Mueller’s full report is made public, and it is urgent that it is. The key determinations once all the facts are out in the open are: whether the charge of Russian collusion can be further prosecuted in the court of public opinion; and whether another body is needed to decide whether the charge of “obstruction of justice” is warranted.

There is a high bar of proof for criminal obstruction. It is possible for a president to obstruct justice.

The responsibility ought to fall to Congress to review any findings of misconduct and whether acts were acceptable in a president. Members of Congress must be able to consider all the evidence, including that which is publicly known and that which is not.

This affair provides a clear lesson. Mr Mueller was no magician; he could not make Mr Trump vanish. Yet Democrats thought he might.

Mr Trump can only be defeated when Democrats understand why he won.

• THE GUARDIAN

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer