Puik diens by SSC
Puik diens by SSC

Puik diens by SSC

Mandy Rittmann
NICO EN ANSIE VENTER EN ELSABE WEISE SKRYF:

Graag deel ons met almal die ondervinding wat ons verlede Vrydag 23 Oktober 2020 by Social Security se kantore in Khomasdal ervaar het.

Ons het buite parkeer en aangemeld net binne die hek, waarna ons gewys is om sitplek in te neem op stoele buite die kantore, maar onder 'n skadutent. Na ’n paar minute het ’n sekuriteitsbeampte vir ons nader geroep en ons vergesel in die gebou in waar hy ons gehelp het om die doel van my vrou en haar kollega in te sleutel en hulle kaartjienommers te kry.

Hulle was maar taamlik besig, maar na sowat 35 minute is haar kaartjienommer geroep en ons het teenoor ’n kort man gaan sit en my vrou en Elsabe het toe die nodige dokumente vir die aansoek van hulle pensioen vir hom gegee. Kyk, ons was heel verbaas oor die vriendelikheid en hulpvaardigheid waarmee hy ons gehelp het.

Samuel Cloete, ons haal ons hoed af vir jou. Knap gedaan ou maat!

Kommentaar

Republikein 2025-04-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer