Puik sege teen Duitsland verhef mans tot top-16
Inlynskaatshokkie
Namibië se senior manspan het sy plek onder die 16 beste inlynskaatshokkiespanne ter wêreld ingeneem, ná vanoggend se indrukwekkende wegholsege met 8-2 teen Duitsland by die wêreldkampioenskap in Roccaraso, Italië.
Die Namibiërs het reeds binne die eerste 40 sekondes hul eerste doel behaal en was teen rustyd ten volle in beheer van sake (5-1).
Die uitslag verseker dat hulle onoorwonne boaan groep A eindig, ná hul vroeër oorwinnings teen Argentinië (1-0) en die sukkelende Indië (20-0). Die manspan se beste vorige uitslag by die wêreldkampioenskap was om 15de te eindig.
Namibië se doelskieters in die eerste helfte teen Duitsland:
Amandus Rottcher (33 sekondes)
Julian Dedig (6 minute 05 sekondes)
Christiaan Coetzee (19 minute 30 sekondes)
Max Finkeldey (19 minute 45 sekondes)
Pablo Laporte (19 minute 54 sekondes)
Namibië se doelskieters in die tweede helfte:
Christiaan Coetzee (3 minute 19 sekondes)
Pablo Laporte (12 minute 30 sekondes)
Kean Redelinghuys (17 minute 49 sekondes)
Die Namibiërs wag nou op die uitslae van vanaand se laaste twee wedstryde om te sien wie hul opponent in die ronde-van-16 uitklopstryd sal wees – Vrydag om 09:30. Hulle is geskeduleer om dan teen span nommer 4 van groep B te speel, wat enige van Italië, Frankryk of Slowakye kan wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie