Puik treffers by Outjo behaal
Jaggeweerskiet
Die Namibiese Jaggeweerskietvereniging (NHRSA) het die afgelope Saterdag die sesde ronde van sy streekkompetisies op Sophienhof Lodge naby Outjo aangebied.
Die skuts het reeds die Vrydagaand bewus geword van moontlike winderige toestande wat die Saterdag vir hulle voorgelê het en om sake te kompliseer het hoë temperature vir verdere marakkas gesorg. Die skietbane was op ’n moeilike terrein uitgelê waar nuwe skietposisies en die alomteenwoordige lugspieëling vir ’n uitdaging soos min gesorg het.
Die kompetisie het uit twee ghong- asook vier diere-bane bestaan waar lewensgrootte teikens van ’n koedoe, rooikat, gemsbok, steenbok, dassie en jakkals vir die maksimum totale telling van 900 punte getref moes word. Deelnemers kan slegs 150 punte per baan verdien.
Die uitslae:
Penkoppe: 1 Hanré Cocklin, 2 Vincent Maresch, 3 Kihan Cocklin.
Juniors: 1 Xander van Rooyen, 2 Renee Maritz.
Veterane: 1 Francois Blaauw, 2 JWF Kannemeyer.
Seniors: 1 Francois Marais senior, 2 Wathy van der Wath, 3 André van Rooyen.
Dames: 1 Karola Marais, 2 Lauren Nesenberend, 3 Ilana Malan.
Goudklas: 1 Francois Marais junior, 2 Walter Kinnear, 3 Nicky Marais.
Silwerklas: 1 Dries Kotze, 2 Wittes Marais, 3 Morné Louw.
Bronsklas: 1 Francois Blaauw, 2 Ilana Malan, 3 Dehan Landsberg.
Mans: 1 Francois Marais junior, 2 Walter Kinnear, 3 Nicky Marais.
Algeheel: 1 Francois Marais junior, 2 Walter Kinnear, 3 Nicky Marais.
Die NHRSA bedank Rosenthal Guns, Securitas Otjiwarongo, Bossies en Save Your Socks wat die geleentheid geborg het.
Die laaste kompetisie vir 2018 is die Sven Ahrens-gedenkbeker wat op 9 en 10 November by Oanobdam naby Rehoboth aangebied word. Almal is welkom om die byeenkoms by te woon.
Vir meer inligting kan www.nhrsa.com besoek word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie