Pumas hou Sondag al die beste kaarte
Pumas hou Sondag al die beste kaarte

Pumas hou Sondag al die beste kaarte

Rugby
Andrew Poolman
Hennie Skorbinski, buitesenter en ook 'n man wat vir Namibië kan kwalifiseer, behou die kapteinskap vir die Steval Pumas wanneer hulle Sondag teen die Windhoek Draught Welwitschias te staan kom.

Vir die Pumas sal dit ononderhandelbaar wees om volpunte in te samel. In die noordelike groep van die SuperSport uitdaging is die Laevelders tans in die vierde plek (5 ligapunte), met net die Namibiërs (1 punt) swakker geplaas.

Die Welwitschias krap steeds kop oor die honderdtal wat hulle laas naweek teen die Goue Leeus afgestaan het en die verwagting is nie dat hulle reeds komende naweek sake sal kan omkeer nie. Veral die vaste vyf sal opnuut onder groot druk kom om nie net fisiek hul man te staan en besit in die skrums en lynstane te wen nie, maar ook deurgaans die tempo vol te hou.

Afrigter Brent Janse van Rensburg se manne sal onthou dat hulle verlede jaar se Curriebeker kwalifiserende wedstryd maklik met die Welwitschias afgereken het (47-7 op Nelspruit).

In die vorige jaar se Vodacombeker-ontmoeting in Windhoek was hulle met 61-7 baas.

Die oud-Bolander Ryan (Whitey) Nel maak sy opdrafbuiging as Skorbinski se sentermaat.

Die Pumas se agterlyn met Nell, die heelagter Devon Williams en die haastige vleuel JP Lewis het 'n Kaapse geur. Williams vervang Sias Ebersohn en gee aan die Laevelders ekstra slaankrag.

Voor kry die Pumas se speler van die jaar verlede seisoen, die bebaarde haker Frankie Herne, 'n kans in die beginspan.

Daar is ook drie ander veranderinge aan die agttal met Dee-Jay Terblanche wat Jacques Kotzé vervang; Stephan Greeff speel in Tazz Fuzani se plek en Brian Shabangu is bo Reuben Johannes verkies.

Nell speel in Leighton van Wyk se plek binnesenter en hy is een van die ses plaasvervangers teen die Leeus wat bevordering na die beginspan gekry het.

Pumas teen Welwitschias: Devon Williams; Ruwellyn Isbel, Hennie Skorbinski, Ryan Nell, JP Lewis; Kobus Marais, Reynier van Rooyen; Carel Greeff, Willie Engelbrecht, Brian Shabangu, Hugo Kloppers, Stephan Greeff, Marné Coetzee, Frankie Herne, Dee-Jay Terblanche.

Reserwes: Marko Janse van Rensburg, Kwezi Mona, Jannie Stander, Johann Grundling, Emile Temperman, Sias Ebersohn, Deon Helberg.

• Die naweek se wedstrydtye (afskop in RSA-tyd):



Môre: Vrystaat Cheetahs tn Tafel Lager Griekwas in Toyota-stadion in Bloemfontein (15:00); SWD Arende tn Boland Kavaliers op Outeniquapark in George (19:00); Oostelike Provinsie Kings tn Grens Bulldogs in Nelson Mandela Bay Stadium, Port Elizabeth (14:30); Haaie tn Luiperds in Margate (15:00).



Sondag: Pumas tn Welwitschias in Bill Jardine-stadion, Johannesburg (13:00); Goue Leeus tn Valke in Bill Jardine-stadion, Johannesburg (15:00).

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!