Pupkewitz Auto nou op Otjiwarongo
Pupkewitz Auto nou op Otjiwarongo

Pupkewitz Auto nou op Otjiwarongo

Augetto Graig
Augetto Graig - Pupkewitz Auto het op 1 Augustus 2017 sy deure op Otjiwarongo geopen en volgens die takbestuurder mnr. Heiko Becker, geniet hy die nuwe uitdaging.

“Ek is baie trots op die gebou en hoeveel motors ek op die vloer kan vertoon,” sê hy.

Hy beplan om die bekende handelsmerk met die vyfde tak in die land verder te versterk en uit te brei deur uitstaande diens te lewer. “My doel is om na kliënte om te sien. Mense koop voertuie by mense en derhalwe waar mens diens kry, daar koop jy,” sê hy.

Tans is daar twee Pupkewitz Auto-takke in Windhoek, een in Swakopmund en een in Oshakati.

Pupkewitz Auto verskaf ’n jaarlange fabriekswaarborg op tweedehandse motors wat hulle verkoop, en indien dit nie meer ’n fabriekswaarborg het nie, bied ons ’n addisionele waarborg vir die motor. Boonop kry kliënte drie jaar se lewensdekking om die terugbetaling van die motor se koopprys te waarborg. “So, as iemand ’n motor by ons aanskaf, verkry die persoon familie-sekuriteit op die koop toe,” sê Becker.

Pupkewitz Auto bied ook ’n N$2 000 diensgeskenkbewys indien die motor nie meer ’n diensplan het nie.

Die motors is uitgesoekte en ongeluksvrye gehalte enhet lae kilometers op die afstandmeter.

“Kliënte klop graag by ons aan om ’n motor te koop omdat dit bekostigbaar is vanweë ons nalatenskap as 'n plaaslike maatskappy wat staan by ons produk, asook die waardeproposisie (diensplan, waarborg, lewensdekking) wat ons bied,” sê hy.

Pupkewitz Auto het ook ’n Accessory Fitment Centre-tak (AFC) op dieselfde perseel vir vir alle motorvoertuig toebehore ten einde 'n eenstopdiens te bied. Deel van die wye verskeidenheid dienste wat AFC bied, is die installasie van veiligheidskleefstof aan die vensters om inbrake te voorkom, alle toebehore denkbaar, asook kappies.

Volgens Becker gaan twee opgeleide tegnici van AFC saam met Pupkewitz Auto die getal werknemers by die nuwe handelaarskap op 8 mense te staan te bring.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!